NewsNews

Crazy for walking – kyk uit vir dié stappers tussen Vredefort en Parys

Gewonder waarheen die groep stappers tussen Vredefort en Parys op pad is? Die stappers is deel van die “Crazy for walking” veldtog van die Vista Clinic waarmee bewustheid geskep word vir depressie, angstigheid en bui versteurings juis om die stigma wat aan hierdie versteurings kleef die hok te slaan as algemene persepsie van geestelike siektes en ongesteldhede. Die langafstand stap was ’n droom van een van die werknemers van Vista Clinic en word daar van 3 tot 7 Oktober van Kroonstad na Magaliesburg gestap - 'n 227km roete. Die gedagte - om mense te kry om anders te dink oor mense met depressie, angstigheidheid en bui-versteurings.

Gewonder waarheen die groep stappers tussen Vredefort en Parys op pad is?

Die stappers is deel van die “Crazy for walking” veldtog van die Vista Clinic waarmee bewustheid geskep word vir depressie, angstigheid en bui versteurings juis om die stigma wat aan hierdie versteurings kleef die hok te slaan as algemene persepsie van geestelike siektes en ongesteldhede.
Die langafstand stap was ’n  droom van een van die werknemers van Vista Clinic en word daar van 3 tot 7 Oktober van Kroonstad na Magaliesburg gestap – ‘n 227km roete. Die gedagte – om mense te kry om anders te dink oor mense met depressie, angstigheidheid en bui-versteurings.

Hul stap vandag tot in Parys en môre van Parys na Fochville.

Depressie, angstigheid en bui versteurings is van die siektes van ons tyd.  En tog kleef daar steeds ’n stigma hieraan. Hoekom?
Woensdag, 5 Oktober om 14:00 gesels Deon Labuschagne, Happiness HELPS verteenwoordiger van die Vista Clinic juis by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se kantore in Buitenstraat, oor hoe die HELPS konsep sy lewe verander het met positiewe emosies ten spyte van gesondheids uitdagings.
Die Vista Clinic is ’n  private Psigiatriese hospitaal in Gauteng. En dis hier waar Deon raakgesien is vir voorbeeld wat hy stel van hoe iemand ’n  gestremdheid en geestelike siekte kan oorkom deur oefening en positiewe denke.
Deon ly aan Bipolêre depressie sowel as Cerebral palsy wat sy spraak, hoe hy loop sy balans en selfs sy handskrif affekteer.
Ten spyte van hierdie geweldige uitdagings motiveer Deon mense waar hy ookal kom deur sy ervarings rondom depressie te deel, maar meer nog – maniere hoe om jou siekte te bestuur deur die Happiness HELPS konsep.
Happiness HELPS bestaan uit ’n  reeks praktiese aksies wat jy daagliks kan doen om positiewe emosies te bevorder.
Die akroniem HELPS bied ’n maklik om te volg gids wat deur enigeen gebruik kan word om geestelike gesondheid aan te moedig. Die akroniem staan vir – Help ander, oefen, leer, speel en groei geestelik.
As jy meer van Deon se storie te hore wil kom skakel hom by 073 384 5130 of stuur e-pos na deonlabu@gmail.com

Related Articles

Back to top button