NewsNews

Crazy for walking – en hulle is weer op pad

En vandag is die groep stappers van die Vista Clinic op pad na Fochville. Hulle het net voor 12:00 gister in Parys aangekom. Hulle stap om bewustheid te skep vir mense met depressie, angstigheid en bui-versteurings juis om die stigma wat hieraan kleef die hok te slaan en mense se algemene persepsie van geestelike siektes en ongesteldhede te verander.

Die staptog eindig op 7 Oktober in Magaliesburg wanneer hulle 227km te voet afgelê het. Kom luister vanmiddag om 14:00 by Vrystaat Versorging in Aksie se kantoor in Buitenstraat, wanneer een van die groeplede, Deon Labuschagne juis oor hierdie onderwerp kom praat. Deon is ‘n Happiness Heals  verteenwoordiger van die Vista Clinic. Kom luister hoe hy sy gestremdheid en geestelike siekte kon oorkom deur oefening en positiewe denke. Ten spyte van sy geweldige uitdagings motiveer hy mense waar hy ookal kom deur sy ervarings rondom depresse te deel, maar meer nog hoe om die siekte te bestuur deur die Happiness HELPS konsep.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button