NewsNews

Mislukte voertuigkaping en moord

VANDERBIJLPARK. – Nuwe inligting is bekend oor die mislukte voertuigkaping en moord net na 21:00 Vrydagaand 30 September wat tragies geeïndig het toe ‘n man koelbloedig doodgeskiet is in sy motor in Frikkie Meyer Boulevard sowat 100m noord van die nuwe Spur. Na nuwe inligting bekend is en verkeerdelik vroeër berig is, is dit nou bekend dat dit die vloerbestuurder van klein Pick & Pay Jennifer Ziemerink (33) en haar man, Ivan (44) was, wat gisteraand in die voorval betrokke was. Hulle is vermoedelik by die klein Pick & Pay deur die kapers in ‘n wit Mercedes agtervolg en by hul woning in Bezuidenhoutsraat gekaap. Toe Jennifer by die huis uit die kar klim om die hek oop te maak, het twee van die mans in die Mercedes uitgespring en haar terug gedwing in die kar.

Foto: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Nuwe inligting is bekend oor die mislukte voertuigkaping en moord net na 21:00 Vrydagaand 30 September wat tragies geeïndig het toe ‘n man koelbloedig doodgeskiet is in sy motor in Frikkie Meyer Boulevard sowat 100m noord van die nuwe Spur.

Na nuwe inligting bekend is en verkeerdelik vroeër berig is, is dit nou bekend dat dit die vloerbestuurder van klein Pick & Pay Jennifer Ziemerink (33) en haar man, Ivan (44) was, wat gisteraand in die voorval betrokke was. Hulle is vermoedelik by die klein Pick & Pay deur die kapers in ‘n wit Mercedes agtervolg en by hul woning in Bezuidenhoutsraat gekaap. Toe Jennifer by die huis uit die kar klim om die hek oop te maak, het twee van die mans in die Mercedes uitgespring en haar terug gedwing in die kar.

Ivan het in die passasiersitplek van die voertuig gesit met een kaper agter hom en een langs hom wat bestuur. Jennifer het regs agter in hulle ligblou Ford Ikon gesit. Volgens voorlopige inligting is hulle toe terug in die rigting van Pick & Pay. Die vermoede bestaan dat hulle terug wou gaan na die winkel. By die stopstraat in Macowenstraat het Ivan probeer om ‘n polisievoertuig se aandag te trek deur die toeter te probeer druk. Na ‘n struweling is Ivan toe vermoedelik koelbloedig agter in die kop geskiet deur die kaper wat agter hom gesit het. Hulle is in Macowenstraat af en het in Frikkie Meyer Boulevard opgedraai na die sentrale sakegebied toe twee polisiemanne van die blitspatrollie, wat van die Riverside Sentrum se kant af gekom het, blykbaar ‘n skoot of skote afgevuur tussen die rowers en die hulself en is die voertuig agtervolg en tot stilstand gedwing.

Albei kapers is op die toneel in hegtenis geneem.  Ivan is op die toneel deur ER24 dood verklaar. Jennifer is deur ER24 vir skok behandel. Die polisie het die toneel afgespêr en forensiese deskundiges het tot laat gisteraand die toneel ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button