NewsNews

Familie gaan haal lyk; vrou lewendig in hospitaal

VEREENIGING. – ‘n Familie van Meyerton het vyf dae lank getreur nadat hulle uitgevind het hul geliefde dogter en suster is dood, net om haar lewendig by die hospitaal te kry.

VEREENIGING. – ‘n Familie van Meyerton het vyf dae lank getreur nadat hulle uitgevind het hul geliefde dogter en suster is dood, net om haar lewendig by die hospitaal te kry.

Volgens Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder vir die DA in Gauteng, is Tracy Palesa Hugo (26) se familie deur ‘n polisiebeampte in kennis gestel dat sy in die Kopanong-hospitaal in Vereeniging aan ‘n beroerte dood is. ‘n Polisiebeampte is gevra om die familie in kennis te stel, omdat hulle na bewering nie kontakbesonderhede van Hugo se familie gehad het nie.

Toe die familie Maandag saam met die begrafnisondernemer by die hospitaal opdaag, was hulle geskok om te sien dat sy wel leef en in een van die sale behandel word.

Hugo se familie is egter woedend en wil nou die hospitaal dagvaar. Luidens die persverklaring van die DA is haar familie ook erg getraumatiseer.

“Hulle het vir vyf dae oor haar dood gerou terwyl sy nog lewe,” sê Bloom.

Qudani Mahlangu, LUR vir gesondheid het die familie om verskoning gevra en die bestuur van die Kopanong-hospitaal opdrag gegee om die voorval te ondersoek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button