NewsNews

Dis wat jy kan verwag by Domefees 2016

Die jaarlikse Parys Dome Adventure Festival wat vanaf Vrydag 28 Oktober tot Sondag 30 Oktober by die Afri Dome in Parys en ander bestemmings in die omgewing aangebied word, beloof om inwoners en duisende besoekers van elders met goeie vermaak en opwindende buitelug aktiwiteite te trakteer. Daar sal iets vir oud en jonk wees.

Die jaarlikse Parys Dome Adventure Festival wat vanaf Vrydag 28 Oktober tot Sondag 30 Oktober by die Afri Dome in Parys en ander bestemmings in die omgewing aangebied word, beloof om inwoners en duisende besoekers van elders met goeie vermaak en opwindende buitelug aktiwiteite te trakteer. Daar sal iets vir oud en jonk wees.
Vrydag 28 Oktober:
Die feesprogram skop af met die gewilde babakompetisie aangebied deur Charlene Slabbert en Esme Booyens Burn. Dan is daar die kroning van Mnr. en Mej. Dome. Verskeie avontuur aktiwiteite sal deurlopend vanaf Vrydag tot Sondag aangebied word, met onder meer lekker-koop stalletjies en feesaktiwiteite by die Afri Dome, tandem-lugspronge by die Parys-vliegveld, white water rafting op die Vaalrivier, asook ’n  selfry 4 X 4-baan by Stonehenge, en abseiling.
Die Rock Show Vrydagaand sluit kunstenaars soos Rohan en Linda, Karlien Husselman, Wynand Windpomp, Elizma Theron,
Juan Boucher en Kurt Darren in.
Saterdag 29 Oktober:
Die bekende kaskarresies word vanjaar deur die ouerkomitee van Parys Primêre Skool ge-reël en spanne met leerlinge van graad 1 tot 3 kan in die junior-afdeling inskryf, en van graad 4 tot 6 in die senior-afdeling. Inskrywingsvorms vir die kompetisie is by die skool beskikbaar.
’n Een-dag gholftoernooi by die Vaal de Grace Golf Estate word gehou, terwyl die Le Riche Extreme Show besoekers beslis na hul asems sal laat snak met hul waaghalsige motorfietstoertjies.
Spesiale helikopterritte word ook vanjaar aangebied. Dan is daar ook die Dome warrior sprint  en perdry  by die Afri Dome.
Die Rock Show Saterdagaand bied Judith Kea, Sharoney, Altus Threat, Charlize Berg, Black Byrd, Ray Dylon, Jessi Clegg en Beeskraal.
Sondag 30 Oktober:
Sondag verskuif die feesprogram na die Parys Golf & Country Estate-terrein waar die Parys Boogskietklub ‘n kompetisie aanbied, terwyl die baie gewilde Dragon Boat kragmeting ook hier op die Vaalrivier sal plaasvind. White water training word deur Real Adventures aangebied, terwyl daar uitdagende veldrenroetes  op Deelfontein in die Vredefort Koepel aangebied sal word. Toegang by die Afri Dome feesterrein vir die Vrydag kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Saterdag se toegang kos R120 vir volwassenes en R50 vir kinders. Sondag se toegang by die Parys Golf & Country Estate is R25 per persoon.
Vir navrae skakel (056) 811 4000. Inligting oor die fees is ook beskikbaar op www.domefest.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button