NewsNews

DIE SKAAL – VRIEND OF VYAND?

So het ek al van die slegste konkoksies in my lewe probeer sonder enige sukses: van water gemeng met gemmer, mint blare en komkommer, kookwater met heuning en kaneel en moet nie die laaste een vergeet nie, lemoensap met heuning en appelasyn. Als belowe jou om binne ‘n paar dae ‘n hele paar kilogram af te skud en dan kom die groot ontnugtering…. daar is nie eens ‘n roering op die skaal se naald nie!

Net daar word die skaal sommer jou grootste vyand en jy staan voor die groot keuse of jy die skaal moet weggooi en of jy eerder nuwe batterye moet insit en more weer probeer.

Weer probeer, uithou en aanhou bly maar die beste opsie al voel dit vir jou of jy nooit gaan lyk soos die modelle in die tydskrifte nie.  Onthou elke vrou is uniek en pragtig geskape. Ons liggame is tempels en ons is prinsesse, so  as ons dit so behandel en respekteer deur gesond te lewe eerder as om te maer wees, dan is ons al op die regte pad.  Dit is ook baie goeie raad wat ons aan ons dogters kan oordra…

Maer is nie altyd mooi nie, maak nie saak wat die wereld daarbuite ons wil laat glo nie. Solank jy gemaklik voel in jou klere en jy tevrede van die spieel kan wegstap dan het jy al ‘n groot deel van die stryd gewen.

Kry ook genoeg ondersteuning… Geen oorlog is nog ooit gewen deur een soldaat nie. Dis net soveel makliker en lekkerder as daar iemand is wat saam met jou die gesonde leefstyl kan aanvat en ook saam met jou oefen, of dit nou gereeld stap of fietsry is, saam met ‘n goeie vriendin of selfs jou man maak dit  regtig die moeite werd en dan sorg dit sommer ook vir ‘n bietjie “bonding” tyd in hierdie besige lewe van ons.

Sterkte dames en glo ek dink aan julle en is saam met julle in hierdie oorlog  teen gewig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button