NewsNews

Pasop, Potch het nou dierepolisie

Hoeveel keer het jy al gewonder wie om te kontak wanneer jou buurman se hond die hele aand geraas maak? Of wanneer mense se honde onbeheerd in die straat rondhardloop? Wel, is nou amptelik Potch se dierepolisie. Hulle inspekteurs is onlangs deur die munisipaliteit as vredesbeamptes aangestel. In kort beteken dit dat die inspekteurs nou by magte is om munisipale bywette op oortreders af te dwing. “Alhoewel ons alle bywette kan afdwing, is daar vir ons gevra om net te hou by diere bywette,” sê Andries Venter, bestuurder van Paws. Paws het nou ’n behoorlike vrag hooi op hulle vurk.

Andries Venter, bestuurder van Paws en Sonè de Meyer, inspekteur wys hulle nuwe aanstellings as vredesbeamptes. Foto: Dustin Wetdewich

Andries Venter, bestuurder van Paws en Sonè de Meyer, inspekteur wys hulle nuwe aanstellings as vredesbeamptes. Foto: Dustin Wetdewich

Hoeveel keer het jy al gewonder wie om te kontak wanneer jou buurman se hond die hele aand geraas maak?

Of wanneer mense se honde onbeheerd in die straat rondhardloop? Wel,  is nou amptelik Potch se dierepolisie.
Hulle inspekteurs is onlangs deur die munisipaliteit as vredesbeamptes aangestel.
In kort beteken dit dat die inspekteurs nou by magte is om munisipale bywette op oortreders af te dwing.
“Alhoewel ons alle bywette kan afdwing, is daar vir ons gevra om net te hou by diere bywette,” sê Andries Venter, bestuurder van Paws.
Paws het nou ’n behoorlike vrag hooi op hulle vurk.

Andries Venter, bestuurder van Paws, Sonè de Meyer en Dr. Stallone Terrera, veearts by Paws

Behalwe vir die normale dieremishandeling-klagtes wat hulle steeds na omsien en die rondloper honde wat hulle vir die munisipaliteit moet skut, kan hulle ook nou geskakel word vir steurnis klagtes waar diere geraas maak.
Die inspekteurs is nou ook by magte om boetes uit te reik vir oortreders wat hulle honde nie stilmaak nie.
Daar is ’n hoop bywette wat met diere te doen het waarvoor Paws nou kan boetes uitreik.
“Ons kan nou boetes uitreik vir mense wat hulle diere toelaat om onbeheerd in die pad te loop.
Mense wie se diere in die straat loop en ’n gevaar vir die verkeer inhou, kan ‘n boete van tot R 1 750 opgelê word,” vertel Venter.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button