NewsNews

Positief en gelukkig ten spyte van depressie

Depressie, angstigheid, bui versteurings. Die siekte van ons tyd? En tog kleef daar steeds ’n stigma hieraan. Hoekom? Woensdag, 5 Oktober om 14:00 gesels Deon Labuschagne, Happiness HELPS verteenwoordiger van die Vista Clinic by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se kantore in Buitenstraat, oor hoe die HELPS konsep sy lewe verander het met positiewe emosies ten spyte van gesondheids uitdagings. Die Vista Clinic is ’n private Psigiatriese hospitaal in Gauteng. En dis hier waar Deon raakgesien is vir voorbeeld wat hy stel van hoe iemand ’n gestremdheid en geestelike siekte kan oorkom deur oefening en positiewe denke.

Depressie, angstigheid, bui versteurings. Die siekte van ons tyd? En tog kleef daar steeds ’n stigma hieraan. Hoekom?
Woensdag, 5 Oktober om 14:00 gesels Deon Labuschagne, Happiness HELPS verteenwoordiger van die Vista Clinic by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se kantore in Buitenstraat, oor hoe die HELPS konsep sy lewe verander het met positiewe emosies ten spyte van gesondheids uitdagings.
Die Vista Clinic is ’n  private Psigiatriese hospitaal in Gauteng. En dis hier waar Deon raakgesien is vir voorbeeld wat hy stel van hoe iemand ’n  gestremdheid en geestelike siekte kan oorkom deur oefening en positiewe denke.
Deon ly aan Bipolêre depressie sowel as Cerebral palsy wat sy spraak, hoe hy loop sy balans en selfs sy handskrif affekteer.
Ten spyte van hierdie geweldige uitdagings motiveer Deon mense waar hy ookal kom deur sy ervarings rondom depressie te deel, maar meer nog – maniere hoe om jou siekte te bestuur deur die Happiness HELPS konsep.
Happiness HELPS bestaan uit ’n  reeks praktiese aksies wat jy daagliks kan doen om positiewe emosies te bevorder.
Die akroniem HELPS bied ’n maklik om te volg gids wat deur enigeen gebruik kan word om geestelike gesondheid aan te moedig. Die akroniem staan vir – Help ander, oefen, leer, speel en groei geestelik.
Deon is ook deel van die “Crazy for walking” veldtog van die Vista Clinic waarmee bewustheid geskep word vir depressie, angstigheid en bui versteurings juis om die stigma wat aan hierdie versteurings kleef die hok te slaan as algemene persepsie van geestelike siektes en ongesteldhede.
Die langafstand stap was’n  droom van een van die werknemers van Vista Clinic, en in Oktober vanjaar sal ’n  span van die kliniek stap van Kroonstad na Magaliesburg.
Die gedagte – om mense te kry om anders te dink oor mense met depressie, angstigheidheid en bui-versteurings, veral wanneer hulle sien hoe die 227km roete gestap word tussen 3 en 7 Oktober.
Die dorpe wat besoek sal word sluit in:
Vredefort 4 Oktober op die R721
Parys 5 Oktober op die R721 en R59
Fochville 6 Oktober R59 en R500.
Carletonville 6 Oktober R500
Magaliesburg 7 Oktober R500 en R509.
Tydens die staptog sal Deon verskeie skole, kerke, klinieke en instansies soos VVA besoek waar hy motiveringspraatjies sal gee. As jy meer van Deon se storie te hore wil kom skakel hom by 073 384 5130 of stuur e-pos na deonlabu@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button