NewsNews

My pa was my ‘Superman’

’n 42-jarige pa van drie is Saterdagoggend omstreeks 11:00 tragies dood toe die voertuig waarin hy gery het, op die R54 gerol en daarna aan die brand geslaan het. September 23, 2016 Die voertuig waarin Modise dood is. Foto: ER24

Die voertuig waarin Modise dood is. Foto: ER24

Die voertuig waarin Modise dood is. Foto: ER24

’n 42-jarige pa van drie is Saterdagoggend (17 September) omstreeks 11:00 tragies dood toe die voertuig waarin hy gery het, op die R54 gerol en daarna aan die brand geslaan het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom terwyl die brandweer besig was om die brandende voertuig te blus.
Die verbrande lyk van mnr. Thabo John Modise is toe weggeneem. ’n Geregtelike doodsondersoek sal nou plaasvind.
Modise, beter bekend as Johnny, het saam met sy familie in Promosa gewoon.

Thabo Johnny Modise. Foto: Verskaf

“My pa was my ‘Superman’. Hy het altyd vir ons ’n plan gemaak en was altyd daar vir ons,” het sy dogter, Zhane Modise (21), Woensdag aan die Herald gesê.
Volgens haar was hy ’n hardwerkende familieman en ’n steunpilaar vir baie in die gemeenskap, by die werk en by die huis.
“Ek het eers gedink die mense maak ’n grap toe hulle my die eerste keer vertel. Toe ek besef dat dit waar is, was dit ’n groot skok. Dit gaan my baie jare neem om oor die skok te kom, maar ek is dankbaar dat ek ’n pa soos hy gehad het.
“Ek sal hom nooit vergeet nie, hy was soos ’n anker in die see. So ’n anker kan nooit wegraak nie, dit bly vir altyd daar,” het Zhane tussen die trane deur gesê.
Modise, wat as ’n produksiebestuurder by Fraser Alexander gewerk het, het nog Saterdagoggend vir ’n laaste keer sy hele familie wakker gemaak om te groet voor hy weg is werk toe.
“Hy het vir almal gesê dat hy lief is vir ons. Hy sou sommer deur die dag vir mens ’n boodskap stuur en sê hy is lief vir jou.
“My pa was besonder lief vir my ma en het altyd by almal gespog dat hy die mooiste vrou het. Hy was vir ons almal ’n rolmodel. Hy het altyd gesê harde werk sal jou ver bring en dat mens nooit moet ophou nie, jy moet altyd net deurdruk. Maar nou is sy stem stil,” vertel Zhane.
Modise laat sy vrou, Shireen, drie kinders Zhane (21) Thabo (18) en Susan (9) en twee kleinkinders, ’n tweeling Nadia en Jasmonia, wat albei drie jaar oud is, agter. Teen druktyd was die finale begrafnisreëlings nog nie bekend nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button