NewsNews

Aandag, aandag – sit gou bietjie stil – deel 1

Aandag Tekort Hiperaktiwiteit Versteuring of beter bekend as ADHD kan gekenmerk word aan die volgende: •Die kind het ’n kort aandagspan en raak maklik afgelei. Kinders met ADHD sukkel om aktiwiteite af te handel en die aktiwiteite word dikwels afgejaag. Kinders met ADHD vermy aktiwiteite wat nie ’n  onmiddelike uiteinde het of nie interessant genoeg …

Aandag Tekort Hiperaktiwiteit Versteuring of beter bekend as ADHD kan gekenmerk word aan die volgende:
•Die kind het ’n kort aandagspan en raak maklik afgelei. Kinders met ADHD sukkel om aktiwiteite af te handel en die aktiwiteite word dikwels afgejaag. Kinders met ADHD vermy aktiwiteite wat nie ’n  onmiddelike uiteinde het of nie interessant genoeg is nie.
Onnodige foute sal gemaak word deur die kind met ADHD en werk is dikwels slordig. Die kind sal ongeorganiseerd voorkom en verloor gereeld persoonlike items. Die kind is vergeetagtig en sukkel om aandagtig te luister na opdragte wat gegee word en dit korrek uit te voer.
•Die kind is impulsief en reageer voordat hy/sy aan die nagevolge dink. Die kind kan ongeduldig voorkom, omdat hy nie sy beurt wil afwag nie. Die kind sal geneig wees om antwoorde uit te skreeu en gesprekke te onderbreek. Die kind raak ook vining gefrustreerd en hul emosies kan wipplank ry.
•Hiperaktiewe gedrag kan waargeneem word deur konstante beweging. Die kind sal daarvan hou om te hardloop, klim en spring op ontoepaslike tye. Kinders sukkel om stil te sit. Praat dikwels baie en verander onderwerp vining.
Oorsake van ADHD:
•ADHD is geneties oorerflik. Studies toon dat kinders wat gediagnoseer is met ADHD ’n nabye, familielid het wat ook ADHD het.
•Ondersoek word nog ingestel oor omgewingsoorsake byvoorbeeld gifdoders
•Alkohol en nikotien gebruik tydens swangerskap toon dat die kanse 2.4 keer meer is dat ‘n kind ADHD kan ontwikkel.
Mites rondom oorsake van ADHD:
•Té veel of té min suiker
•Preseveermiddels of kleurstowwe in kos
•Voedsel allergieë
•Swak ouerleiding en alhoewel ongeorganiseerde huislike omstandighede en skool omgewing simptome kan vererger, kan dit nie die oorsake wees nie.
•Tekort aan vitamiene
•Buisligte
•Te veel televisie of video/rekenaar speletjies. Dit veroorsaak wel aandag probleme, maar nie ADHD nie.
‘n Diagnose word gemaak deur ‘n pediater, psigiater of sielkundige. Dit is beter om eerste te bepaal of die kind kan funksioneer sonder medikasie, indien nie word Ritalin, Concerta ensovoorts voorgeskryf. Ander nuttige wenke wat toegepas kan word met ’n  kind wat gediagnoseer is of waar daar vermoed word dat hy/sy ADHD het:
•Natuurlike aanvullers soos Omega 3, 6 kan gebruik word.
•Vaste roetine vanaf oggend tot slaaptyd. Ruim tyd in vir huiswerk en speeltyd. Sit die skedule iewers op in die huis, sodat die kind weet wat om te verwag.
•Verminder televisie en verseker dat die kind eerder speel en dus energie verbrand eerder as om passief voor die televisie/ rekenaar te sit.
Arbeidsterapie speel ook ’n  belangrike rol met kinders wat gediagnoseer is of vermoed word dat hy/sy ADHD mag hê. Die hoofprobleme sal aangepreek word so ook enige perseptuele agterstande wat die kind mag hê. Kort aandagspan kan aangespreek word deur die sessie geleidelik langer te maak, sodat die leerder meer moet konsentreer. Die hiperaktiwiteit kan aangespreek word deur energie te kanaliseer met aktiwiteite. Kyk uit vir deel twee oor ADHD. Vir navrae skakel Lize van der Linde by (056) 816 2155.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button