NewsNews

Riool-skande by begraafplaas

Rioolwater wat klaarblyklik dalk vir weke lank uit verstopte mangate direk in die Vaalrivier ingeloop het in Parys se ou begraafplaas, en ’n dam stinkende water gevorm het, is verlede week deur ’n inwoner van Parys, mnr. Leon van Rooyen ontdek nadat hy toevallig op die gemors afgekom het.

Dit het benewens die groot gesondheidsgevaar ook ’n  onuithoudbare stank hier veroorsaak. Die begraafplaas is teenaan Parys se hoofpad en grens ook aan die Saligna-woonbuurt. Dit wil voorkom asof die    rioolwater al vir minstens drie weke lank hier loop. Van Rooyen vertel dat hy verlede Dinsdag DA-raadslede, die gesondheidsinspekteur en selfs die Ngwathe burgemeester by die begraafplaas gehad het om hulle die besoedeling te wys. Teen verlede Woensdagoggend toe die Gazette saam met mnr. Van Rooyen weer die terrein besoek het, was munisipale werkers van die Ngwathe tegniese afdeling besig om die mangate oop te maak, maar dit was toe al duidelik dat hier rehabilitasie van die besoedelde terrein gedoen sal moet word. ’n Munisipale werker en Van Rooyen het aan Gazette vertel hoe grond hier onwettig van die rivieroewer gevat en weer verkoop word, en dat dit bydra tot die verstopping van die mangate.

Te midde van die erg verwaarloosde begraafplaas met sy lang gras, moes familie wat hier hul geliefdes se grafte besoek, ook nog verlief neem met die onuithoudbare stank van rioolwater wat al lank hier opdam.

DSC_1546

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button