NewsNews

Minder vleis op die Kerstafel met pryse wat nog kan styg

Daar word verwag dat rooivleispryse met minstens tussen 9 en 15% sal styg van nou tot Desember weens beperkte aanbod en verhoogde vraag van verbruikers gedurende die Feesseisoen.

Daar word verwag dat rooivleispryse met minstens tussen 9 en 15% sal  styg van nou tot Desember weens beperkte aanbod en verhoogde vraag van verbruikers gedurende die Feesseisoen.

 

Tans is rooivleispryse redelik stabiel as gevolg van lewende hawe produsente wat vashou aan veevoorrade in die hoop dat seisoenale reën eersdaags sal val.

 

Volgens Paul Makube, Senior Landbou Ekonoom by FNB, is die rooivleis slagsyfer beduidend hoër vanjaar in vergelyking met die afgelope 3 jaar as gevolg van die droogte. Die kumulatiewe slagsyfer vir skape is tans 111% en 68% hoër as in 2015 en 2014 onderskeidelik.

Desnieteenstaande die styging in slagsyfers, was daar nie ‘n ooraanbod van vleis nie, wat laer pryse tot gevolg sou hê weens uitvoere en groter vraag vir vleis veral in die toerismesektor.

Die voorspelling ten opsigte van beesvleis is seisoenale prysstygings van tussen R3,4 en R5,7 per kilogram vir Klas A Bees as die braaiseisoen eers regtig begin. Verbruikers wat skaapvleis verkies kan verwag om tussen R5,6 en R9,4 per kilogram meer te betaal vir Klas A lam oor die Feestyd, sê Makube.

Vark sal ook baat by die prysstyging van rooivleis. Tog sal daar nie ‘n groot prysbeweging wees by pluimvee weens verhoogde invoere, word voorspel.

Selfs in moeilike ekonomiese omstandighede is die neiging van verbruikers om te besnoei op luukshede en nie-noodsaaklikhede, maar oor die algemeen meer te spandeer op kos en vleis veral oor die Kerstyd.

 Makube waarsku dat pryse sal moet normaliseer teen Januarie . Hy sê sou dit reën behoort die situasie ook vir lewende hawe boere te verbeter wat reeds groot finansiële verliese het te midde van die droogte.  

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button