NewsNews

Droom vir avontuurlustiges aan die kom

’n Geleentheid soos nog nooit tevore wag die naweek van 24 tot 26 Februarie op avontuur- en buitelewe liefhebbers. Die geleentheid, All Things Adventure, beloof om ’n droom vir avontuurlustiges te wees - nie net om die nuutste in buitelewe ervaring te sien nie, maar ook om van die toerusting te toets en deel te neem aan aktiwiteite! Dit vind plaas by Stonehenge in Africa langs die Vaalrivier in die Koepel bewaringsgebied en is slegs ’n hanetree van Parys en sowat ‘n halfuur vanaf Potchefstroom.

’n Geleentheid soos nog nooit tevore wag die naweek van 24 tot 26 Februarie op avontuur- en buitelewe liefhebbers.
Die geleentheid, All Things Adventure, beloof om ’n droom vir avontuurlustiges te wees – nie net om die nuutste in buitelewe ervaring te sien nie, maar ook om van die toerusting te toets en deel te neem aan aktiwiteite!
Dit vind plaas by Stonehenge in Africa langs die Vaalrivier in die Koepel bewaringsgebied en is slegs ’n hanetree van Parys en sowat ‘n halfuur vanaf Potchefstroom.
Deel van die naweek is die Woema Challenge, aangebied deur die bekende Theunis Nel.
Dit is ’n kompetisie vir 600cc avontuur motorfietsryers om natuurlik die beste ryer te bepaal. Prysgeld van R50 000 is vir die wenner op die spel.
’n Spesiale motorfietsbaan word op die terrein van Stonehenge vir dié doel gebou.
Behalwe die kompetisie-deelnemers sal ander ryers ook geleentheid hê om op die baan te ry en sommer op die koop toe advies van ervare ryers kan kry.
Verskeie motorfietshandelaars het reeds te kenne gegee dat hulle by die geleentheid gaan uitstal.
Die bestaande 4×4-baan op Stonehenge gaan ook vol bedrywighede wees.
Die bekende Danie du Preez van IPS 4×4 Outdoor Adventure Store is in beheer van dié baan, waar daar ook kompetisies vir 4×4-eienaars gaan plaasvind. Teen ’n geringe fooi sal dié voertuig-eienaars op die baan kan ry en aan kompetisies deelneem.
Danie sal deurentyd beskikbaar wees om tegniese advies te gee.
Handelaars van nuwe 4×4 voertuie kry ook geleentheid om beurtelings hulle voertuie op die baan te demonstreer.
’n Lekker interessante kompetisie wag vir manne en vroue wat hulle bestuursvernuf wil wys. Vir ’n lekker prys gaan gekyk word wie die beste met ’n sleepwaentjie in trurat kan bestuur!
’n Ander groot verrassing is talle mesmakers wat hulle ware kom wys en hulle gaan ook wys hoe van die messe gemaak word.
’n Lekker gesins-avontuur ervaring wag ook op besoekers wat insluit ’n skattejag en deelname aan avontuur-aktiwiteite langs die roete.
Van die ander baie uitstallers is onder meer verfbaltoerusting en -toetsbaan waar mens prakties kan gaan skiet en dieselfde vir boogskiet-entoesiaste.
Boothandelaars gaan hulle ware uitstal en daar is geleentheid vir witwaterroei.
Die nuutste tente, woonwaens en talle ander buitelewe toerusting sal te sien wees.
Talle kosstalletjies is op die terrein.
Die eienaars van veteraanmotors gaan ’n spesiale plek hê waar hulle hul pronkstukke gaan kom wys.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Dagboek nou reeds die datums! Toegang vir die Vrydag beloop R40, Saterdag R80 en Sondag R60. ’n Naweekpakket kos R120. Kinders o.6 is gratis, kinders o.18 kry 50 persent afslag en vir studente en pensioenarisse kos dit Vrydag R30, Saterdag R40 en Sondag R50. Kaartjies is ook by Computicket te koop.
Vir meer inligting oor die Woema Challenge kontak Theunis by theunis@woema.co.za
Uitstallers moet spring vir plek. Skakel Antoinette Badenhorst by (018) 293 0750.
Verblyf is beskikbaar by Stonehenge of in die omgewing. Skakel Lizanne by 072 616 1263 of (056) 811 4669 vir nadere besonderhede.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button