NewsNews

Trap spore van diensbaarheid en geloof

“Voortrekkers is baie spesiaal vir my. Ons leer goed wat ons nie in die skool leer nie en dit is ongelooflik lekker.” “Dit is ’n plek waar ek inpas saam met ander wat my belangstellings deel en daar is altyd ’n avontuur en nuwe dinge om te doen; nuwe mense om te ontmoet” Dit is maar enkele van die opmerkings van Voortrekker-kinders van Parys waarmee hulle in hul eie woorde vertel het waarvan hulle die meeste hou van Voortrekker-wees. Uit elkeen van die briefies wat vir Gazette geskryf is, staan dit uit - Voortrekkerwees is sinoniem met avontuur en dit wat geleer word van die natuur maar ook ’n reis na selfkennis. En vanjaar vier die Voortrekkers 85 jaar se spore wat diep getrap is.

“Voortrekkers is baie spesiaal vir my. Ons leer goed wat ons nie in die skool leer nie en dit is ongelooflik lekker.”
“Dit is ’n  plek waar ek inpas saam met ander wat my belangstellings deel en daar is altyd ’n avontuur en nuwe dinge om te doen; nuwe mense om te ontmoet”
Dit is maar enkele van die opmerkings van Voortrekker-kinders van Parys waarmee hulle in hul eie woorde vertel het waarvan hulle die meeste hou van Voortrekker-wees.
Uit elkeen van die briefies wat vir Gazette geskryf is, staan dit uit – Voortrekkerwees is sinoniem met avontuur en dit wat geleer word van die natuur maar ook ’n reis na selfkennis.
En vanjaar vier die Voortrekkers 85 jaar se spore wat diep getrap is.
Die mylpaal is met verskeie feeste oor die land heen gevier en op Saterdag 3 September was Parys Kommando deel van die feesvieringe by Vegkop in Heilbron.

Van die lede van die Parys Voortrekkerkommando wat die Vegkop-fees bygewoon het, met hoofleier Danie Langner wat die feeskoek sny.
Van die lede van die Parys Voortrekkerkommando wat die Vegkop-fees bygewoon het, met hoofleier Danie Langner wat die feeskoek sny.

DSC_1490
Tydens die prag en kleurryke seremonie wat ook deur heelwat ouers bygewoon is, is die feesfakkels aangesteek en ’n  massa inlywing van Ontdekkers, Penkoppe, Drawwertjies, Verkenners, Offisiere en Heemraadslede gedoen. Duiwe en balonne wat losgelaat is het ’n kleurvolle gesig van herinnering ontvou, terwyl daar ook heerlik aan die feeskoek weggelê kon word wat deur Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, gesny is.
Langner het in sy boodskap uit die Psalms   klem geplaas op die karaktereienskappe van diensbaarheid en geloof wat as van die  eienskappe van die Voortrekkers uitstaan. Hy het vertel hoedat Stephanus Juhannes Paulus Kruger, vir baie van ons bekend as oud-president van die ZAR, hier by Vegkop in 1836 as 11-jarige geveg het. Ook hier het diensbaarheid uitgestaan as karaktereienskap van sy tyd.
Hy het gesê dat die Voortrekkerbeweging jong Afrikaner kinders as uitnemende leiers wil bevestig. “Om Voortrekker te wees is om sinvol nuwe spore te trap. Ons moet spore trap van taal, kultuur, geskiedenis, diensbaarheid en geloof,” het hy gesê. Hy het ook die simboliek van die monument by Vegkop verduidelik. Die monument is gebou deur Coert Steynberg en in 1985 onthul.
Lenord le Hanie van Sasolburg en Quarta Pretorius van Heilbron is daarna met Silwer Pennings vereer vir hul uitstaande bydrae tot Jeugdiens met noue betrokkenheid by die Voortrekkers maar ook op ander terreine.

Related Articles

Back to top button