NewsNews

Vermeende kabeldief dalk met helikopter vervoer

Drie vermeende kabeldiewe is vanoggend in die vroeë oggendure in Parys in hegtenis geneem danksy skitterende optrede van lede van die We Care Radio Light groep in samewerking met die Parys SAPD. Die groot deurbraak volg nadat daar daagliks oorhoofse koperkabel al vir maande in Parys gesteel word met miljoene se verlies vir die Ngwathe munisipaliteit. Die kabel word in 'n oogwink gesteel en kon daar nog nie daarin geslaag word om die kabeldiewe vas te trek nie.

Drie vermeende kabeldiewe is vanoggend in die vroeë oggendure in Parys in hegtenis geneem danksy skitterende optrede van lede van die We Care Radio Light groep in samewerking met die Parys SAPD. Die groot deurbraak volg nadat daar daagliks oorhoofse koperkabel al vir maande in Parys gesteel word met miljoene se verlies vir die Ngwathe munisipaliteit. Die kabel word in ‘n oogwink gesteel en kon daar nog nie daarin geslaag word om die kabeldiewe vas te trek nie.

Volgens die handjievol vrywilligers ry hulle elke nag patrollies om die polisie te help om misdaad in die dorp meer effektief te bekamp. Een van hul oogmerke was juis om ‘n einde te bring aan die kabeldiefstal, en hoewel hulle in die verlede al baie warm op die kabeldiewe se spoor was, kon hulle die skuldiges net nie gevang kry nie. Die afgelope 2 weke is daar egter baie hard gewerk om te probeer vasstel waar nog nie kabel gesteel is nie.

Die vrywilligers vertel dat hul met Woensdagaand se patrollie die vermoede gehad het dat daar weer kabel gesteel sou word. Kort na 02:00 vanoggend is ‘n leidraad van die publiek gekry dat 3 verdagtes af beweeg in die rigting van Unie en Schilbachstraat. Daar is onmiddellik begin om uitgangsroetes toe te maak en gewag dat die krag moet afgaan soos wat telkens gebeur wanneer oorhoofse kabel gesteel word. Teen ongeveer 03:00 het die boodskap deurgekom dat die krag afgegaan het op die h/v Loop- en Wesstraat, maar vir die vermeende kabeldiewe het hul planne sleg skeef geloop toe die kragpaal omgeval het. Die vermoede is dat 1 van die kabeldiewe in die proses ernstig beseer is hetsy toe hy moontlik van die paal geval of die paal op hom geval het.

Die drie verdagtes het te voet gevlug deur erwe in die omgewing, waar die eerste hom vasgeloop in die We Care-span toe hy uit ‘n erf in Schoombeelaan gehardloop het. Die 2de verdagte is deur die polisie gearresteer in die omgewing van Kortstraat waar hy te voet gevlug het.

Hul makker is in ‘n oop erf in Allenbystraat net na 07:00 vanoggend gearresteer waar die patrolliespan hom opgemerk het toe hy oor ‘n betonmuur geklim en mank-mank verder probeer beweeg het. Hy is per ambulans na die Parys Distrik hospitaal geneem. Hy sal waarskynlik nou per helikopter na meer gespesialiseer mediese sorg vervoer moet word weens die erns van sy beserings, is pas verneem. Die munisipaliteit is tans besig met herstelwerk aan die kragpaal en krag op die h/v Loop- en Wesstraat en kan dit nog ‘n wyle duur. Zimbabwiese identiteitsdokumente is by 2 van die verdages gekry.

Die We Care Radio Light  vrywilligers saam met die polisie op die toneel in Allenbystraat waar die derde verdagte vanoggend net na 07:00 gekry is. Hy het ernstige rugbeserings.
Die We Care Radio Light vrywilligers saam met die polisie en Parys Medix op die toneel in Allenbystraat waar die derde verdagte vanoggend net na 07:00 gekry is. Hy het ernstige rugbeserings.

20160908_071523_resized 20160908_071412_resized

Die We Care Radio Light groep doen daagliks vrywillig sonder vergoeding patrollie in die woonbuurte en ‘n groot deel van hul sukses is die toewyding van hierdie span en samewerking van die publiek om inligting dadelik deur te gee op die We Care Whatsapp-groep.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button