NewsNews

SANBD nooi gemeenskap om bloed te skenk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 September by die Hervormde kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. September is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir die SANBD, weens die rekordeksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie. Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 September by die Hervormde kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. September is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir die SANBD, weens die rekordeksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer
3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Alle bloedgroepe is baie belangrik maar spesifiek Groep O negatief omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe.
Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button