NewsNews

Parys kry VS se eerste Blommefees

Dis amptelik! Parys sal op 11 en 12 November die gasheerdorp wees vir die eerste Free State Flower Festival, soortgelyk aan die jarelange tradisie van Portugal se Madeira Flower Festival. Mnr. Sam Mashinini, LUR vir Ekonomiese Sake, Klein Sake Ontwikkeling, Toerisme en Ekonomiese Aangeleenthede, het dié aankondiging voor ’n vol saal Dinsdag gemaak by die Woodlands Country Lodge.

Dis amptelik! Parys sal op 11 en 12 November die gasheerdorp wees vir die eerste Free State Flower Festival, soortgelyk aan die jarelange tradisie van Portugal se Madeira Flower Festival.
Mnr. Sam Mashinini, LUR vir  Ekonomiese Sake, Klein Sake Ontwikkeling, Toerisme en Ekonomiese Aangeleenthede, het dié aankondiging voor ’n vol saal Dinsdag gemaak by die Woodlands Country Lodge.

Mnr. Sam Mashinini, LUR vir Ekonomiese Sake, Klein Sake Ontwikkeling, Toerisme en Ekonomiese Aangeleenthede, kondig aan dat Parys die gasheerdorp sal wees vir die eerste Free State Flower Festival.
Mnr. Sam Mashinini, LUR vir Ekonomiese Sake, Klein Sake Ontwikkeling, Toerisme en Ekonomiese Aangeleenthede, kondig aan dat Parys die gasheerdorp sal wees vir die eerste Free State Flower Festival.

Sy boodskap aan sakelui was duidelik – gryp die geleentheid aan! Moenie wag dat besigheid na jou toe kom nie, maar bemark jou onderneming ten beste vir dié toerisme geleentheid.
Na raming word 50 000 mense by die fees verwag.
Deel van die fees sal die bymekaarkom van die Blomme Forum wees op 11 November waar nie net nasionale verteenwoordigers uit die blommebedryf sal wees nie, maar veral ook internasionale verteenwoordigers.
Aspekte wat bespreek sal word is wêreldtendense in die bedryf, ’n  oorsig oor die SA blomme industrie, besigheidsgeleenthede plaaslik maar ook vir uitvoer en befondsingsgeleenthede.  Saterdag, 12 November sal onder meer ’n parade-skouspel insluit wat ook die hoogtepunt van die dag sal wees. Die parade sal vanaf Venusstraat se park-gedeelte na die dorp se hoofstraat beweeg met 560 mense wat aan die parade en vlotoptog sal deelneem.
Hier sal elk van die vyf streke deur 100 mense verteenwoordig word, asook 60 verteenwoordigers van Madeira. Met die parade en optog sal die onderskeie tale en kulture van die streke uitgebeeld word met onder meer kleurryke drag en musiek.
Mense sal weerskante van die hoofstraat die parade kan sien en die karnavalatmosfeer beleef met verskeie aktiwiteite wat ook oor die twee dae langs die hoofstraat aangebied sal word op die oop munisipale gronde.
Dit sluit in kultuurdanse, vermaak vir die jongspan, warmlugballon vlugte, vuurwerke, troeteldier vertonings, blomme uitstallings, kuns en handwerk stalletjies en vele meer.
Die bemarking van die blommefees begin amptelik op 10 September.
Die bekendstelling en aankondiging Dinsdag is ook bygewoon deur Ngwathe burgemeester, Joey Mochela wat die munisipaliteit se verbintenis tot die sukses van die fees verseker het.
Kom ons wees trots Parys en wys die land watter toerisme potensiaal Parys het om die fees behoorlik te laat blom!

ae81e44b935fe4d6250d28105ca14efe

Related Articles

Back to top button