NewsNews

Geen Crater Cruise dié naweek

Een van die grootste en bekendste bergfietsrenne, die Crater Cruise, wat jaarliks in en om Parys gery word, en dié naweek hier sou plaasvind, sal nie vanjaar gehou word nie. Vanjaar sou die dertiende Crater Cruise gewees het. Hannes en Attie Koekemoer het vandeesweeek namens die organiseerders aan Parys Gazette bevestig dat die wedren gekanselleer is, grotendeels weens probleme met toegang tot die “venue” vanaf die Parys-Vredefort-pad.

Hulle het al die grondeienaars en plaasbestuurders bedank vir hul jarelange bereidwilligheid om die fietsryers van die Crater Cruise op hul plase te ontvang. Hulle het ook verskoning gevra vir mense wat dalk via ander kanale moes hoor van die besluit om die wedren te kanselleer, maar bygevoeg dat die besluit dringend geneem moes word.
“Hierdie wedren speel ‘n belangrike rol om toeriste na ons erfenis-omgewing te lok,” het Hannes en Attie gesê. Volgens hulle is dit egter nie die einde van die Crater Cruise nie.
Hannes en Attie sê dat verkeer jare lank al fietsryers verhinder om veilig oor die besige pad te kom, en moes gebruik gemaak word van ’n  pad onderdeur die hoofpad waarna daar weer ’n  pad gevind moes word om by die “venue” te kom.
“Daar is  heelwat nuwe wildshekke- en drade langs die roete opgerig in die afgelope jare. Die drade en hekke belemmer die vloei van die roete dramaties.  Ons het dadelik begin om ’n  nuwe venue te beplan aan die rivierkant van die pad.
Dit sal aan die fietsryers maklik toegang verleen vanaf en terug na die venue. Ons sal hierdie nuwe tuiste sommer spoedig in gebruik wil neem in 2017. Ons sal dan, soos tevore, weer wil vra vir u getroue ondersteuning van die byeenkomste.”
“Ons gee die versekering dat ons as organiseerders en die fietsryers u vergunnings oor 12 jaar baie waardeer,” is gesê.

Related Articles

Back to top button