NewsNews

Lyk in kanaal gevind

ʼn 52 jarige man se lyk is gistermiddag (4 September) omstreeks 12:30 in ʼn kanaal naby die Wilgeboom plotte gevind.

ʼn 52 jarige man se lyk is gistermiddag (4 September) omstreeks 12:30 in ʼn kanaal naby die Wilgeboom plotte gevind.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die polisie ʼn oproep ontvang om hulle in kennis te stel van die lyk in die water. Met aankoms het die polisie die man se lyk in die water sien dryf, sy  vriendin het glo aan die polisie gesê dat hy al van 26 Augustus vermis is en dat hulle al van toe af na hom gesoek het.

Die man, Golekwang Simon Pakwe,  is dood op die toneel verklaar waarna  hy na die lykshuis geneem is. Die polisie is in die proses om ʼn geregtelike doodsondersoek af te handel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button