NewsNews

Weer speel dié keer saam vir motorfietsryers

Na raming het meer as 3 000 motorfietsryers die afgelope naweek in Parys saamgetrek vir die derde Rhino Rally wat hier gehou is en vanjaar het die weer saamgespeel! Van die restaurant en kuierplekke in die dorp kon wel veral Saterdagmiddag en Sondagoggend breed glimlag met van die motorfietsryers wat hier gekuier het hoewel daar ook sakelui was wat gevoel het dat die dorp nie genoeg geldelik by die saamtrek baat nie. Die massa-optog Saterdagoggend het egter Jan Publiek se aandag getrek en daar was volop geleentheid om die ysterperde te laat brul.

Na raming het meer as 3 000 motorfietsryers die afgelope naweek in Parys saamgetrek vir die derde Rhino Rally wat hier gehou is hoewel die organiseerders nie  die totale bywoningsyfer wou bekendmaak nie. En vanjaar het die weer saamgespeel!
Van die restaurant en kuierplekke in die dorp  kon veral Saterdagmiddag en Sondagoggend breed  glimlag met  van die motorfietsryers wat in die dorp gekuier het hoewel daar ook sakelui was wat gevoel het dat die dorp nie genoeg geldelik by die saamtrek baat nie.
Die massa-optog Saterdagoggend het egter Jan Publiek se aandag getrek en daar was volop geleentheid om die ysterperde te laat brul.
Hoewel geen ernstige voorvalle met die saamtrek oor die naweek gerapporteer is nie, was daar weer verskeie motorfietsongelukke hoewel geen noodlottige beserings nie.
Saterdagoggend om 10:00 het paramedici hulp verleen op die R59 net buite Parys waar ’n  motorfietsryer geval het. Skaars ’n  halfuur later is ’n  motorfietsongeluk op die S212 gerapporteer waar ’n  motorfietsryer ligte beserings opgedoen het.
Om middernag Saterdagaand is ’n  man en vrou beseer tydens ’n  motorfietsongeluk in Prominade weg toe hulle hul oënskynlik met die pad oor die brug misgis het by die aansluiting met die Abattoirstraat.
Die twee is op die toneel behandel en na die Parys Distriks hospitaal en Emfuleni Medi Clinic onderskeilik vervoer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button