NewsNews

Dis meer as ’n wen

Die 16-jarige Divan Groenewald van Parys was Vrydag 2 September een van die deelnemers aan die Special Olympics vir Spesiale Onderrig skole in die Vaaldriehoek en Potchefstroom waar hy sy item gewen het. Die spele is by Eureka Skool in Vanderbijlpark gehou.

Die 16-jarige Divan Groenewald van Parys was Vrydag 2 September  een van die deelnemers aan die Special Olympics vir Spesiale Onderrig skole in die Vaaldriehoek en Potchefstroom waar hy sy item gewen het.  Die spele is by Eureka Skool in Vanderbijlpark gehou.
Verskeie items is aangebied waaronder 10m kruip, balskop en 50m, 80m en 100m afstande wat gehardloop kon word. Daar was ook stap-items vir dié wat nie kan hardloop nie.
Divan het aan die 50m rolstoel ‘rol’ deelgeneem saam met ander seuns van sy ouderdom van die ES Le Grange skool in Potchefstroom. Divan was deel van hul skoolspan. Hoewel hy eerste gekom het was elke deelnemer ’n wenner in eie reg.
Elkeen het ’n borspeld gekry wat sê “Jy is ’n ster”. Die onderskeie skole het deelnemers ook met medaljes en sertifikate beloon.
Die onderwysers en ouers en al die toeskouers het deelnemers met groot entoesiasme aangemoedig want ongeag die gestremdheid – die spontaniteit waarmee met soveel oorgawe deelgeneem is, het van die dag ’n  belewenis gemaak wat nie gou vergeet sal word nie.
En om die dag ekstra spesiaal te maak het Spur vir elke deelnemer ‘n hamburger gegee en is hulle ook  met lekkergoedpakkies en koeldrank bederf.
Divan ly aan Mohr Trianebjearg-sindroom, ’n  degenariewe siekte wat op die ouderdom van 3 jaar by hom gediagnoseer is. Hy dra vandat hy ’n  jaar oud was bril en ’n  gehoorapparaat vandat hy 3 jaar oud is. Mettertyd kon hy ook nie meer sonder hulp loop nie. In Maart vanjaar het Divan ’n groot rugoperasie ondergaan om skade te herstel as gevolg van skoliose en kifose wat die funksionering van sy longe, hart en ingewande nadelig geraak het. Kort daarna het ook ’n  heupvervangingsoperasie op hom gewag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button