NewsNews

AfriForum: Huisroof styg met 63% in 10 jaar; burgers moet self beveilig

AfriForum se voorspelling dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika ʼn drastiese styging toon, was in die kol met vandag se amptelike misdaadstatistiek-bekendstelling deur polisieminister Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris lt.genl. Khomotso Phahlane in Kaapstad.

 

 

AfriForum se voorspelling dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika ʼn drastiese styging toon, was in die kol met vandag se amptelike misdaadstatistiek-bekendstelling deur polisieminister Nathi Nhleko en waarnemende nasionale polisiekommissaris lt.genl. Khomotso Phahlane in Kaapstad.

 

“Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, toon statistieke met betrekking tot huisroof dat die gemiddelde Suid-Afrikaner nie veilig in sy/haar eie huis is nie. “Statistieke toon ʼn skokkende 63%-styging oor die afgelope tien jaar, met ʼn styging van 2,7% in die afgelope jaar. Hieruit is dit duidelik dat Suid-Afrikaners, in vennootskappe met plaaslike polisie, self moet begin om verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem.

 

Cameron sê voorts dat statistiek ’n styging van 3,2% in die moordsyfer toon met ’n getal van 18 673 mense wat die afgelope jaar in Suid-Afrika vermoor is. “Voertuigkaping en roof met verswarende omstandighede is nog punte tot kommer. Dié statistieke toon ’n styging van sowat 14,3% in voertuigkapings, terwyl roof met verswarende omstandighede met ʼn totaal van 2,7% gestyg het – 10% in Limpopo, 6% in Mpumalanga en 5% in Gauteng.

 

Cameron sê voorts dat lt.genl. Phahlane se Back-To-Basics-strategie slegs suksesvol kan wees wanneer dit in samewerking met gemeenskappe gedoen word. “Om die belangrikheid van vennootskappe tussen die plaaslike polisie en gemeenskappe te beklemtoon, gaan AfriForum op 6 September 2016, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), dié instituut se verslag Winning the war on crime in South Africa, analiseer.”

 

“Hoewel lt.genl. Phahlane ʼn beduidende verskil in die bestuur van die polisiediens gemaak het, kan ons nie verwag dat die staat die enigste oplossings vir die hoë misdaadstatistiek gaan bied nie. Selfdoenpogings soos dié van AfriForum se groeiende buurtwagstelsels en die samewerking met die SAPD gaan éérder gemeenskapsveiligheid in die komende jare  verseker,” sluit Cameron af.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button