NewsNews

Digter en joernalis stel eerste roman bekend

Hy kom met die Skoenlappers is skrywer en joernalis Valda Jansen se debuutroman wat gaan oor verlore liefde. “Dis die storie van ‘n vrou wat geleef het, liefgehad het, verlaat is en verlaat het. Sy kyk terug en sy onthou weer wie sy was, hoe sy was. Maar wanneer ‘n mens terugkyk, moet jy ook weer vorentoe kyk en met jou lewe aangaan, maar dan met meer begrip en mededoë vir jouself, vir wie jy destyds was en die keuses wat jy in sekere omstandighede gemaak het,” sê Jansen oor haar roman. Bekende digter Petra Müller beskryf die roman as “’n bewys daarvan dat ‘n mens nooit weet wat in ‘n letterkunde kan opduik nie”.

Hy kom met die Skoenlappers is skrywer en joernalis Valda Jansen se debuutroman wat gaan oor verlore liefde.
“Dis die storie van ‘n vrou wat geleef het, liefgehad het, verlaat is en verlaat het. Sy kyk terug en sy onthou weer wie sy was, hoe sy was. Maar wanneer ‘n mens terugkyk, moet jy ook weer vorentoe kyk en met jou lewe aangaan, maar dan met meer begrip en mededoë vir jouself, vir wie jy destyds was en die keuses wat jy in sekere omstandighede gemaak het,” sê Jansen oor haar roman.
Bekende digter Petra Müller beskryf die roman as “’n bewys daarvan dat ‘n mens nooit weet wat in ‘n letterkunde kan opduik nie”.
Valda Jansen het grootgeword in die Strand. Sy het ‘n honneursgraad in Duits en was ook ‘n Duitse onderwyser waarna sy gewerk het as ‘n joernalis, televisienusskrywer by SAUK en redakteur by RSG.
Sy het reeds verskeie gedigte sowel as ‘n kortverhaal gepubliseer, en nou kan haar eerste roman ook by die versameling gevoeg word.
Hy kom met die Skoenlappers is ‘n liefdesroman, ‘n elegie aan die verlore liefde. Wanneer jy terug kyk na jou lewe en wens jy het ‘n ander besluit geneem by die vurk in die pad. Volgens een keurder “toor die skrywer ouds met verdriet en spyt”.
In ‘n onderhoud met Litnet vertel Valda waar haar karakters en storielyn vandaan kom.
“Van die karakters is ‘n samesmelting van verskeie mense en die storielyne sentreer om verskillende gebeurtenisse uit my verlede, maar met ‘n goeie skoot fiksie daarin geroer,”.

Related Articles

Back to top button