NewsNews

SAJWV skietdag plaaslik gehou

Die eerste plaaslike skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys word vir Saterdag 10 September beplan en sal ’n geldige skietbyeenkoms wees vir SAJWV-lede wat ook tel as hul jaarlikse bywoning.

Dit sal gehou word op die Ballistic Beast-skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld.
Inskrywings kan vanaf 07:00 gedoen word en sluit om 09:00. Die koste is R100 per volwassene en R50 per kind. Lede sowel as nie-lede en juniors is welkom. Diegene wat iemand anders se kinders saambring om te kom skiet, moet onthou om vooraf by Sons & Guns ’n  vrywaringsvorm in te vul. Oog- en oorbeskerming vir die skietdag is verpligtend.
Enigeen wat navrae het is welkom om Jan Lubbe by 082 421 1122 te kontak, of stuur ‘n e-pos na janlubbe@repmetco.co.za

Related Articles

Back to top button