NewsNews

Legendariese Kerneels Terblanche sterf

Een van die Vaaldriehoek en Parys se legendariese sakemanne, mnr. Kerneels Terblanche (72), is Vrydagaand, 26 Augustus, oorlede nadat hy die afgelope maande verskeie epileptiese aanvalle gehad het. “Hy is die aand omstreeks 21:00 rustig in sy slaap op die plaas Donkerhoek oorlede, soos hy dit graag sou wou hê,” sê sy vrou, Elize, wat self na hom omgesien het sedert sy gesondheid in September verlede jaar vinnig agteruit begin gaan het.

Een van die Vaaldriehoek en Parys se legendariese sakemanne, mnr. Kerneels Terblanche (72), is Vrydagaand, 26 Augustus, oorlede nadat hy die afgelope maande verskeie epileptiese aanvalle gehad het.
“Hy is die aand omstreeks 21:00 rustig in sy slaap op die plaas Donkerhoek oorlede, soos hy dit graag sou wou hê,” sê sy vrou, Elize, wat self na hom omgesien het sedert sy gesondheid in September verlede jaar vinnig agteruit begin gaan het.
Mnr. Terblanche het in die 1960s as ‘n arm weeskind te voet uit die Kaap na Sasolburg gestap om ‘n lewe hier te kom maak. Niemand sou kon dink dat dié seun, wat die skool ondanks skitterende prestasies in standerd sewe moes verlaat, jare later een van Suid-Afrika se suksesvolste transport- en eiendomsbaronne sou word nie.
Danksy sy hardwerkendheid, fyn beplanning, sake-insig en ‘n wil om te presteer het sy onderneming, Terblanche Transport, uiteindelik een van ons land se bekendste groepe in dié bedryf geword. In sy laaste onderhoud met Vaalweekblad het hy al die lof vir sy sukses toegeskryf aan God se genade, sy vrou Elize se liefde en harde werk, en die ondersteuning en lojaliteit van hul personeel.
Sy roudiens vind op 2 September om 11:00 by sy “eie kerk” in Klasie Havengastraat, Sasolburg plaas. Hy het die kerkgebou, wat nie meer gebruik was nie, ‘n paar jaar gelede gekoop. Sy begrafnis vind op 10 September om 11:00 uit die NG Gemeente Groot Brakrivier plaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button