NewsNews

Kom reis saam na Sani-pas!

Sani-pas… (2 876 meter). Genoteer: Gevaarlik! Wees versigtig! Slegs 4×4! Hierdie en verskeie ander waarskuwings gaan jy op jou roete na dié pragtige pas teëkom. August 23, 2016 Die bewyse kan gesien word met verskeie wrakke wat dit nie kon maak nie, sommiges onklaar, ander oor die afgrond. Wat meer wil ‘n man met sy …

Sanie pas sept

Die bewyse kan gesien word met verskeie wrakke wat dit nie kon maak nie, sommiges onklaar, ander oor die afgrond. Wat meer wil ‘n man met sy 4×4 hê om te toets? Nog beter wanneer jou familie kan saamkom en hierdie ervaring kan deel!

Vaalweekblad en Vaal Toyota Sasolburg saam met VDB Adventures pak hierdie roete aan op 9 September vanjaar. In 2015 het ons hierdie roete gedoen – die sukses en lekker hiervan was die saamkuier en ervaringe deel.

Ons vertrek 8 September vanaf Vaal Toyota Sasolburg. Hannes Strydom, die handelaarsprinsipaal, en sy span ondersteun ons met tegniese bystand op die voertuie.

L38B0676a

Die Roete

Ons eerste nag slaap ons oor in Underberg. Etes word voorsien en ingesluit. Na ‘n goeie nagrus sal ons reg wees om die avontuur en uitdaging te aanvaar. Ons behoort die grootste gedeelte van die oggend op die pas te wees, mekaar te help en foto’s te neem van die pragtige uitsig. Hopelik kry ons ook sneeu en dit behoort die pret nog meer te maak. Op Sani-top sal ons eers tyd spandeer en foto’s neem . Natuurlik iets warms neem om te drink voor ons die “Black Mountain pass” aanvat. (3224m)

Ons slaapplek vir die aand is by Molumong in die Lesothoberge . Primitief maar tog lekker warm atmosfeer. Aandete word voorsien asook ontbyt Saterdag oggend voor ons vertrek deur die Thaba Tsego-gebied tot by Katse Dam. Die Thaba Tsego-area is meestal 2-spoor en sandpad. 4×4 ry heeldag. Dis berg op berg en die uitsig en hoogtes is asemrowend. Ons besoek ook van die statte en sien hoe die Lesotho-mense leef.

Ons slaap oor by Katse Dam. Ons laaste aand saam word daar gebraai (word voorsien) en lekker gekuier. Sondagoggend na ontbyt doen ons eers ‘n toer oor die Katse dam se wal voordat ons terug vertrek oor Mafika Lisuie-pas. Op 3 090 m stop ons vir die uitsig en drink vir oulaas koffie saam in Lesotho. Dan gaan ons af met die Mposong-pas en terug Suid-Afrika toe waar ons by die Ash River Outlet ons toer afsluit. Ons vertrek dan hiervandaan huis toe en ons glo dat elkeen die wonderlike ervaring vir lank sal onthou.

China is besig om meeste van die roetes in Lesotho te teer en ook Sani-pas. Ons is gelukkig om dit nog te kan ry as ongeteer.

L38B0865

* Die skrywer van dié berig, Christi Nolte, is ‘n vryskutverslaggewer en fotograaf en lei gereeld Vaalweeklad se uitstappies en safari’s. Christi is ook ‘n bekende Vaaldriehoekse sakeman, 4×4 instrukteur en gekwalifiseerde veldgids. Hy sal die toer na Sani-pas as leier waarneem, met die bystand van sy veldgids-vrou, Celeste Nolte.

Koste om die toer mee te maak is R1 800 vir enkelpersone of R3 350 vir twee persone wat deel. (Kinders welkom – vra vir ‘n kwotasie).

Aandete en ontbyt word voorsien. Eie drank en versnaperinge in voertuig. Safari-gangers slaap oor in lodges.

Bespreek nou by: Vaal Toyota Sasolburg: 016 450 3400 (Hannes Strydom) of Christi Nolte by 082 565 2993.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button