NewsNews

Vermoedelike dwelmhandelaar probeer polisie omkoop

n 29 jarige Nigeriese man het die glo die polisie probeer omkoop nadat hy Dinsdag omstreeks 11:34 in hegtenis geneem is op aanklag van besit van vermoedelik onwettige dwelms. Okorrie Zuchukwu Monday (29) het glo lede van die honde-eenheid tot R5 000 aangebied nadat hulle hom in hegtenis geneem het. Volgens a.o. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het sers. Seleka en konst. Msinga, die geld geweier en verdere klagtes van poging tot omkopery teen die verdagte gebring. “Hy het eers die lede R1 000 aangebied waarna hy hulle R5 000 aangebied het. Albei keer het hulle geweier,” vertel Manyoba. Volgens haar het die polisie inligting ontvang dat persone in ’n verdagte

 

// 3e3):(d.fillText(String.fromCharCode(55357,56835),0,0),0!==d.getImageData(16,16,1,1).data[0])):!1}function e(a){var c=b.createElement(“script”);c.src=a,c.type=”text/javascript”,b.getElementsByTagName(“head”)[0].appendChild(c)}var f,g;c.supports={simple:d(“simple”),flag:d(“flag”)},c.DOMReady=!1,c.readyCallback=function(){c.DOMReady=!0},c.supports.simple&&c.supports.flag||(g=function(){c.readyCallback()},b.addEventListener?(b.addEventListener(“DOMContentLoaded”,g,!1),a.addEventListener(“load”,g,!1)):(a.attachEvent(“onload”,g),b.attachEvent(“onreadystatechange”,function(){“complete”===b.readyState&&c.readyCallback()})),f=c.source||{},f.concatemoji?e(f.concatemoji):f.wpemoji&&f.twemoji&&(e(f.twemoji),e(f.wpemoji)))}(window,document,window._wpemojiSettings);

// ]]>

// // p’).click(function (e) {
window.location.href = $(this).find(‘a’).attr(‘href’);
});
});
});
// ]]>// // ’n 29 jarige Nigeriese man het die glo die polisie probeer omkoop nadat hy Dinsdag omstreeks 11:34 in hegtenis geneem is op aanklag van besit van vermoedelik onwettige dwelms.
Okorrie Zuchukwu Monday (29) het glo lede van die honde-eenheid tot R5 000 aangebied nadat hulle hom in hegtenis geneem het. Volgens a.o. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het sers. Seleka en konst. Msinga, die geld geweier en verdere klagtes van poging tot omkopery teen die verdagte gebring.
“Hy het eers die lede R1 000 aangebied waarna hy hulle R5 000 aangebied het. Albei keer het hulle geweier,” vertel Manyoba.
Volgens haar het die polisie inligting ontvang dat persone in ’n verdagte voertuig in Walter Sisulustraat besig was om dwelms te verkoop. Hulle het die inligting opgevolg waarna hulle die voertuig gevolg het tot in Steve Bikostraat. Hier is die verdagte voertuig van die pad getrek en die voertuig is deursoek.
“Terwyl een van die lede besig was om die voertuig te deursoek het die ander polisieman gesien hoe die verdagte iets in sy sak steek. Hulle het hom ook deursoek en ’n plastiese sakkie met wit poeier in sy besit gevind. Hy kon nie vir die polisie verduidelik wat die poeier is nie en hulle het hom in hegtenis geneem,” vertel Manyoba.
Die polisie het ook op die verdagte se selfone beslag gelê. Volgens Manyoba is daar glo boodskappe op die selfone wat daarop dui dat die man in dwelm-handel betrokke is.
“Hy is borg geweier en bly in aanhouding tot sy volgende hofdatum,” het Manyoba gesê. Twee ander verdagtes is ook in hegtenis geneem op aanklag van besit van onwettige dwelms. Een verdagte is Vrydagmiddag by Cos Maya-woonstelle in hegtenis geneem nadat daar dagga en heroïen in sy woonstel gevind is. Daar is ook verskeie vermoedelike gesteelde goedere gevind. ’n Ander verdagte is by die taxistaanplek in besit van dagga gevang.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button