NewsNews

Vrou oorweeg regstappe teen Potch Hospitaal

‘n Vrou oorweeg regstappe teen Potchefstroom Hospitaal nadat hulle haar oupa volgens haar baie swak behandel het. Volgens me. Hilda Snyman, is oupa Hercules “Boet” Visser (87) op 22 Julie laatmiddag in saal 9 opgeneem. “Hy was nie siek nie, hy het net gesê hy voel nie lekker nie en dat hy so bietjie benoud voel. Hy het self daar ingestap en self op die bed geklim.”

Amper-2-weke-later-en-merk-in-oupa-se-nek-nog-baie-duidelik-en-seer

‘n Vrou oorweeg regstappe teen Potchefstroom Hospitaal nadat hulle haar oupa volgens haar baie swak behandel het.
Volgens me. Hilda Snyman, is oupa Hercules “Boet” Visser (87) op 22 Julie laatmiddag in saal 9 opgeneem.
“Hy was nie siek nie, hy het net gesê hy voel nie lekker nie en dat hy so bietjie benoud voel.
Hy het self daar ingestap en self op die bed geklim.”
“Daar is bloed getrek en plate geneem en daar was niks snaaks, niks buitengewoon nie.”
Volgens haar was hy Saterdag steeds in die hospitaal. Hulle het gedink dat dit net ’n vinnige in en uit sou wees. Hy was ook nog baie geselserig.
“Hulle wou hom nie ontslaan nie. want hy moes volgens hulle vog kry. Hy het ’n drup ingehad, maar dit was toegedraai.”
Toe hulle Sondagmiddag weer na oupa toe gaan het hulle die skok van hulle lewe gekry.
“Hy was vasgemaak aan die bed, sy voete weerskante van die bed vas… sy lyf met ’n band vasgemaak en met ’n drup in sy voet.
Sy lip was opgeswel maar nie blou nie, hy het pers merke in sy nek gehad en was so deurmekaar dat hy nie geweet het waar of wie hy was nie.”

Related Articles

Back to top button