NewsNews

Voëls in die vleilande – kom kyk en luister

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms word vanaand, Donderdag 25 Augustus by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Die byeenkoms begin om 18:30 en Pieter en Poppie Killian kom gesels oor vleilande en die voëls wat daar aangetref word. Hulle sal ook foto’s van die voëls wys. Aangesien die klub graag beide werkende en nie-werkende mense wil akkommodeer, sal maandelikse uitstappies voortaan afwisselend op ’n Donderdag en ’n Saterdag gereël word. Daar is ook besluit dat daar in Junie, Julie en Augustus geen formele uitstappies gereël sal word nie. Die eerste Donderdagoggend uitstappie word beplan vir 22 September. Verdere besonderhede oor

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms word vanaand, Donderdag 25 Augustus by die Sally Martin Park saal in Parys gehou.
Die byeenkoms begin om 18:30 en Pieter en Poppie Killian kom gesels oor vleilande en die voëls wat daar aangetref word. Hulle sal ook foto’s van die voëls wys.
Aangesien die klub graag beide werkende en nie-werkende mense wil akkommodeer, sal maandelikse uitstappies voortaan afwisselend op ’n Donderdag en ’n  Saterdag gereël word. Daar is ook besluit dat daar in Junie, Julie en Augustus geen formele uitstappies gereël sal word nie.
Die eerste Donderdagoggend uitstappie word beplan vir 22 September. Verdere besonderhede oor die uitstappie sal later gegee word.
Skakel vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306 of Sanita Kemp by 072 421 8799.
Belangstellendes is welkom om hierdie geleenthede by te woon.

Related Articles

Back to top button