NewsNews

SA egskeidingsyfer skok

Suid-Afrika se egskeidingsyfer is die hoogste ooit. Volgens data wat deur Statistiek SA vrygestel is, het ons land se egskeidingsyfer sedert 2012 met bykans 5% verhoog, terwyl die hoeveelheid troues afgeneem het. Dié verslag, getiteld Marriages and Divorces 2014, is in Februarie vanjaar bekendgestel. Dis gebaseer op die 21 998 voltooide skeidokumente wat Statistiek SA teen die einde van September 2014 ontvang en verwerk het.

Suid-Afrika se egskeidingsyfer is die hoogste ooit. Volgens data wat deur Statistiek SA vrygestel is, het ons land se egskeidingsyfer sedert 2012 met bykans 5% verhoog, terwyl die hoeveelheid troues afgeneem het. Dié verslag, getiteld Marriages and Divorces 2014, is in Februarie vanjaar bekendgestel. Dis gebaseer op die 21 998 voltooide skeidokumente wat Statistiek SA teen die einde van September 2014 ontvang en verwerk het.

 

Die hoeveelheid egskeidings (21 998) dui op ’n toename van 1 018 (4,9%) egskeidings van die 20 980 sake wat in 2011 verwerk is. Hierdie hoë egskeidingsyfer is rede tot kommer aangesien egskeiding ’n dramatiese uitwerking op die samelewing het.

 

Die data het bevind dat meer as die helfte van alle egskeidings plaasvind tussen paartjies met kinders onder die ouderdom van 18 en dat die meeste geskeide pare vir sowat vyf tot nege jaar getroud was. Die gemiddelde ouderdom vir mans en vroue wat skei, is onderskeidelik 43 vir mans en 40 vir vroue. Sowat 80% van egskeidings is onder eerste huwelike.

 

“Dit is dikwels die moeilike fase in ’n huwelik, waartydens groot veranderinge gebeur en paartjies met heelwat aanpassings gekonfronteer word. Die spanning waaronder ’n paartjie in dié tyd verkeer, het selfs buite-egtelike verhoudings tot gevolg,” vertel Liezel van der Merwe, besturende redakteur van INTIEM-tydskrif en stigter van SA Huweliksweek. “Dit is gedurende dié tyd wanneer ’n paartjie besluit om deur te druk of om te skei.”

 

Ander oorsake sluit dikwels in onrealistiese verwagtinge, kommunikasieprobleme en finansiële druk.

 

Een van die redes vir die afname in huwelike is waarskynlik die toenemende gewildheid van saambly-verhoudings, asook mense se vrees vir die hoë egskeidingsyfer. “Gedurende SA Huweliksweek wil ons paartjies inspireer om vas te byt en deur hul probleme te werk,” sê Elanie Bell, koördineerder van SA Huweliksweek. “Daar is wel gevalle waarin egskeiding onvermydelik is, maar paartjies moet dit altyd beskou as die heel laaste uitweg. Soveel stappe kan geneem word voor ’n huwelik daardie punt bereik.”

 

SA Huweliksweek is vanaf 1-7 September en ’n veldtog om Suid-Afrika weereens te herinner aan die heiligheid en belangrikheid van die huwelik as instelling. Neem deel hieraan en besoek sahuweliksweek.co.za vir meer inligtin

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button