NewsNews

Polisie en boere se skitter-optrede laat voertuigdief aan die pen ry

Die oplettendheid van lede van die Buffelshoek-polisiestasie en uitstekende samewerking met boere in die omgewing, het verlede week gelei tot die blitsige terugvind van ’n gesteelde bakkie en arrestasie van een van die verdagtes.

Die oplettendheid van lede van die Buffelshoek-polisiestasie en uitstekende samewerking met boere in die omgewing, het verlede week gelei tot die blitsige terugvind van ’n  gesteelde bakkie en  arrestasie van een van die verdagtes.
Die voorval het verlede Woensdag gebeur toe polisielede op patrolliediens op die Rietfontein/Lindequesdrift-pad twee verdagte bakkies langs die pad sien staan het. Hulle het teruggedraai om ondersoek in te stel waarop die bakkies weggejaag het.
In die jaagtog het die bakkies sowat 10km vanwaar hulle aanvanklik opgemerk is, gerol. Die verdagtes het egter uitgespring en te voet die veld ingevlug. Danksy die vertroue tussen polisielede en lede van Vaalrivier Rampbestuur onder leiding van Sarel van der Wat, is die boere se hulp ingeroep. Binne 15 minute was die eerste boere op die toneel en is die paaie in die onmiddellike omgewing afgesper. Hulp van die Potchefstroomse polisie en honde-eenheid is ook gemobiliseer. Die polisie het deur die nag patrollie gery en is 1 van die 5 verdagtes met eerste lig die volgende oggend gearresteer. Beslag is ook op die gesteelde Toyota bakkie gelê wat net ’n  uur voordat polisielede die bakkies opgemerk het, in Potchefstroom gesteel is. Die Ford Ranger bakkie waarop ook beslag gelê is, is as vlug-voertuig vir die verdagtes gebruik tydens die voertuigdiefstal. Die ander verdagtes is nog soek.
Die man wat gearresteer is, is aangekla vir die diefstal van ’n  voertuig en is nog in aanhouding.
Die polisielede wat geskitter het met hul op-en-wakker optrede is knst Mazibuko, knst Selepe, knst Mentoor en sers. Kgori.
* In nog ’n  voorval die afgelope week in Parys is daar weer helder oordag ’n  voertuig op die Checkers-parkeerterrein in die dorp gesteel.

Related Articles

Back to top button