NewsNews

Parys Kunste Korps spog met wen-uitstalling

Parys is nie net bekend vir sy antiekwinkels nie, maar ook vir sy ryke oes van kunstenaars. Kunsliefhebbers moet beslis nie die Parys Kunste Korps se kunstentoonstelling by die Potchefstroomse Hoofmuseum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat) vanaf 1 tot 26 September 2016 misloop nie.

Parys is nie net bekend vir sy antiekwinkels nie, maar ook vir sy ryke oes van kunstenaars.
Kunsliefhebbers moet beslis nie die Parys Kunste Korps se kunstentoonstelling by die Potchefstroomse Hoofmuseum (h.v. Sol Plaatjielaan en Wolmaransstraat) vanaf 1 tot 26 September 2016 misloop nie.
Die uitstalling word amptelik op 1 September 2016 om 18:30 geopen.
Die tema van die uitstalling is Twee Derdes en werke is deur die gebruik van fotografie, skilder- en beeldhouwerke daarvolgens geskep. Die deelnemende kunstenaars is Hennie Kruger, Victoria Janeke Botma, Thea van Staden, Karin & Deon TerBlanche, Wilma Marais en Phillip Steyn.
Die Parys Kunste Korps is gestig deur Karin en Deon TerBlanche, twee kunstenaars van Parys. Na gesprekvoering met ander kunstenaars in die dorp is ʼn gemeenskaplike probleem geïdentifiseer.
Dit is dat elke kunstenaar ʼn alleengeveg om oorlewing, bemarking, erkenning en uitstalspasie voer. Daar en dan is besluit om hulpbronne bymekaar te snoer tot voordeel van elke kunstenaar en om as eenheid saam te “veg” vir die opheffing van almal.
Volgens Deon TerBlanche het die gesamentlike poging geklink soos die “Marine Corps,” vandaar die naam “Kunste Korps”.
Verskeie suksesvolle uitstallings is al deur die Kunste Korps gehou. Die beweging het reeds uitgebrei na buurdorpe.
Ander kunsvorme soos sang, drama, keramiek, beeldhou, mesmakery, teater ensovoorts is ook nou by die Korps se doen en late geïnkorporeer.
Die Kunste Korps is tans besig om’n kunsroete in en om Parys te beplan om plaaslike kunstenaars te bemagtig en hul kuns te bevorder. Vir meer inligting oor die Korps se werksaamhede, stuur e-pos na deon@deonterblanche.co.za

Related Articles

Back to top button