NewsNews

Glanspersoonlikhede deel in kroningsaand

Hoërskool Parys het die afgelope naweek geskitter met die kroning van sy Mnr. en Mej. Hoërskool Parys. Vanjaar se kroondraers is Claudine Meyer en Michael Taljaard. Paul Grimbeek is as eerste ambassadeur vir Mnr. Hoeërskool Parys aangewys met Christo Blomerus as die tweede ambassadeur en ook Mnr. Debutant vir beide kontant en borge. Aliche Prinsloo is die Mej. Hoërskool Parys eerste prinses en Mej. Debutant borge, met Tshepang Motete as die 2de prinses. Johan Bruwer is Mnr. Liefdadigheid en Liebe Keyser Mej. Liefdadigheid en ook Mej. Debutant vir kontant. Stephan Visser is aangewys as Mnr. Fotogenies en Nadia Deetlefs as Mej. Fotogenies. Mnr. en Mej. Persoonlikheid is Hannu Benade en Elzé du Plessis onderskeidelik, met Rudger Potgieter as Mnr. Gewildheid en Patricia Consalves as Mej. Gewildheid.

Hoërskool Parys het die afgelope naweek geskitter met die kroning van sy Mnr. en Mej. Hoërskool Parys. Vanjaar se kroondraers is Claudine Meyer en Michael Taljaard. Paul Grimbeek is as eerste ambassadeur vir Mnr. Hoeërskool Parys aangewys met Christo Blomerus as die tweede ambassadeur en ook Mnr. Debutant vir beide kontant en borge. Aliche Prinsloo is die Mej. Hoërskool Parys eerste prinses en Mej. Debutant borge, met Tshepang Motete as die 2de prinses. Johan Bruwer is Mnr. Liefdadigheid en Liebe Keyser Mej. Liefdadigheid en ook Mej. Debutant vir kontant.
Stephan Visser is aangewys as Mnr. Fotogenies en Nadia Deetlefs as Mej. Fotogenies. Mnr. en Mej. Persoonlikheid is Hannu Benade en Elzé du Plessis onderskeidelik, met Rudger Potgieter as Mnr. Gewildheid en Patricia Consalves as Mej. Gewildheid.
Onder die glanspersoonlikhede wat die aand bygewoon het was TV-persoonlikhede Nadia Beukes en Altus Theart, asook bekende ontwerper-name, Werner Dey en Anel Botha. Die optrede van hartebreker Brendan Peyper het verseker ’n  hele paar harte warm laat klop terwyl die sjarmante Armand du Plessis, Mnr. Suid-Afrika 2016, seremoniemeester vir die aand was.
Vanjaar se kroning het ook die sterre van Getroud met Rugby as Chaperone’s op die verhoog gehad. Hulle was Anlia van Rensburg, David Louw, Arno Greeff, Christelle van den Bergh en Sean van Noordwyk..

DSC_1383 DSC_1420

Related Articles

Back to top button