NewsNews

Bejaardes: Geselskap meer werd as geld

Vir sewe uit tien behoeftige bejaardes is eensaamheid, en nié geld nié, hulle grootste probleem. So het Solidariteit Helpende Hand in ’n landwye studie gevind. Die studie het onderneem om die lewensomstandighede van arm bejaardes te assesseer om daardeur die organisasie te help om die hulp wat hulle aan bejaardes verleen so effektief moontlik te maak.

Vir sewe uit tien behoeftige bejaardes is eensaamheid, en nié geld nié, hulle grootste probleem. So het Solidariteit Helpende Hand in ’n landwye studie gevind. Die studie het onderneem om die lewensomstandighede van arm bejaardes te assesseer om daardeur die organisasie te help om die hulp wat hulle aan bejaardes verleen so effektief moontlik te maak.

Byna 300 bejaardes het aan die studie, wat regoor die land deur Helpende Hand se Tuisgenote gedoen is, deelgeneem. Tuisgenote is Helpende Hand-vrywilligers wat help om bejaardes by te staan met hulle daaglikse behoeftes. Hulle koop bejaardes se kruideniersware, neem hulle dokter toe en kuier by hulle om hul eensaamheid te verlig.

Die grootste uitdagings of tekorte wat die bejaardes aangedui het, is die behoefte aan aktiwiteite saam met ander bejaardes. Bejaardes is in die studie gevra of hulle daarvan sal hou om meer geselskap en persoonlike kontak met ander mense wou hê. Die meerderheid (68%) het aangedui dat dit hulle wel meer kontak wil hê.

Hierdie bevinding steun die projekte wat Helpende Hand reeds op die been het om bejaardes te ondersteun. Projekte soos Tuisgenoot en Vat ’n Ouma fliek toe, maak seker dat bejaardes nie weens siekte of armoede vereensaam nie.

Volgens Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand is Vat ’n Ouma fliek toe ’n projek wat bejaardes bederf met ’n ete en ’n fliek wat hulle baie keer nie self kan doen nie. “Bejaardes vorm ’n baie belangrike deel van ons samelewing, maar word dikwels deur siekte of armoede randfigure wat in stilte swaarkry,” sê Joubert.

Helpende Hand het op 18 Augustus 2016 vyftig bejaardes geneem om die rolprent, Dis Koue Kos, Skat, te gaan kyk. Die bejaardes, wat nie gewoonlik in teaters kom nie, het ook die geleentheid om saam met Angeline Gerber en Deandre Reiners, die sterre in die rolprent, te kuier.

Dis Koue Kos, Skat is ’n plaaslike rolprent wat  gebaseer op die roman deur Marita van der Vyver. Bekende akteurs Angelique Gerber en Deanre Reiners het die spesiale vertoning saam met Etienne Fourie, die regisseur en skrywer, bygewoon.

 

Related Articles

Back to top button