NewsNews

Meeste studente sê hul drink net een keer per week

Die meerderheid studente sê hulle drink net sowat een keer per week. Dit volg nadat die Herald onlangs met behulp van ‘n elektroniese vraelys ’n opname onder studente gedoen het.

Die meerderheid studente sê hulle drink net sowat een keer per week.
Dit volg nadat die Herald onlangs met behulp van ‘n elektroniese vraelys ’n opname onder studente gedoen het.
Meer as honderd studente van die NWU se Potchefstroom-kampus het aan die opname deelgeneem.
Die meerderheid studente het gesê hulle drink sowat een keer per week, 25% van die studente het gesê hulle drink twee tot drie keer ’n week en sowat 15% drink meer as vier keer per week.
Die meerderheid van die studente gee nie voorkeur aan kuierplekke nie en geniet dit om uit te gaan sowel as om by die huis ‘n drankie te geniet.
Byna die helfte van die studente drink twee tot vier drankies wanneer hulle alkohol gebruik en 30% drink meer as vyf drankies.
Die opname wys ook dat die meerderheid van die studente wyn bo ander drank verkies en ook dat 14% van die studente wat nie rook nie, ook verkies om ’n sigaret saam met hul drankie te geniet.
’n Totaal van 84% studente wat deelgeneem het aan die opname dink nie hulle drink te veel nie.
Volgens die Outomobiel Assosiasie van Suid-Afrika is die alkohollimiet 0.05g per 100ml as dit kom by die bestuur van ‘n voertuig.
Dit beteken dat ’n mansstudent van 80 kg na twee drankies oor die limiet sal wees en ’n damesstudent van 60 kg na net een drankie reeds ’n alkoholvlak van 0.04 in haar bloed sal hê.
Wat gesondheidsrisikos betref sê Drink Aware, lengte en gewig speel ‘n groot rol in hoeveel alkohol vir ‘n persoon te veel is, maar meer as 14 eenhede per week word as te veel gesien.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie sê dat Suid-Afrika die land in Afrika is wat die meeste alkohol gebruik.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button