NewsNews

Weer kortwiek hengelaars

Vol moed het lede van die Mimosa-hengelklub op 13 Augustus die ysige wind by die Regeringsplaas aangedurf. Ten spyte daarvan dat dit Vrouemaand is, het die dames maar bedroë daarvan afgekom toe slegs een vis deur die dames ingeweeg is. Die poelvis van die dag was gelood as eerstens ’n moddervis en tweedens ’n karp. Tydens ’n winderige en koue dag het Kobus Kriek die pyp gerook deur die Meester-afd

Vol moed het lede van die Mimosa-hengelklub op 13 Augustus die ysige wind by die Regeringsplaas aangedurf.
Ten spyte daarvan dat dit Vrouemaand is, het die dames maar bedroë daarvan afgekom toe slegs een vis deur die dames ingeweeg is.
Die poelvis van die dag was gelood as eerstens ’n  moddervis en tweedens ’n  karp.
Tydens ’n winderige en koue dag het Kobus Kriek die pyp gerook deur die Meester-afdeling te wen.
Die poelvis van die dag is gevang deur Koos Harmse terwyl die Mans-afdeling gewen is deur Barry Dreyer.
Hengelaars word daaraan herinner dat daar gedurende September twee kompetisie gehou word op 3 en 17 September onderskeidelik by die Regeringsplaas.
Lede kom by die hek van die Walle om 06:30 bymekaar, en by die Regeringsplaas voor die hek om 06:00.
Hengeltyd is van 07:00 tot 15:00. Die maandelikse braai word gehou op Woensag 7 September by die Mimosa-klubgronde. Alle klublede is welkom.
Belangstellendes kan Veronica by 072 631 1133 of Kobus by 082 878 2579 skakel vir enige navrae oor die hengelklub.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button