NewsNews

Eerstejaar student dood in woonstel gevind

n Eerstejaar manstudent van die NWU Potchefstroo kampus is laat Vrydagmiddag (12 Augustus) dood deur sy kamermaat in sy woonstel in Steve Bikostraat aangetref.

n Eerstejaar manstudent van die NWU Potchefstroo kampus is laat Vrydagmiddag (12 Augustus) dood deur sy kamermaat in sy woonstel in Steve Bikostraat aangetref.

Volgens Johan van Zyl, kampuswoordvoerder, het die student se kamermaat hom op sy bed aangetref waarna hy hom probeer wakker maak het. Nadat hy nie wakker geword het nie is nooddienste ontbied wie hom dood op die toneel verklaar het.

Van Zyl, het bevestig dat die forensiese ondersoek afgehandel is en dat daar nie misdaad of selfdood vermoed word nie.

“Die kampus se Ingrypdienste gee tans berading aan die familie en vriende,” het Van Zyl gesê.

Die student was ingeskryf vir ‘n BA Politieke Wetenskappe graad. Die 19 jarige was glo die enigste kind gewees. Sy ma woon in Pretoria en sy pa in Port Elizabeth. Sy ma is glo reeds in Potchefstroom en sy pa is nog oppad.  Ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder,  het bevestig dat die polisie die saak ondersoek.

“Die student se identiteit word weerhou totdat die liggaam amptelik uitgeken word,” het Manyoba gesê.

Related Articles

Back to top button