NewsNews

Kinders se voetganger-nagmerrie – ouers grootste sondaars

Vir ouers is kinders hul kosbaarste besitting. Maar dit is nie die beeld wat jy kry wanneer jy kyk na die onbedagsaamheid van padgebruikers, of grotendeels ouers, as dit kom by parkering rondom Parys Primêre skool wanneer die skool smiddae uitkom.

Vir ouers is kinders hul kosbaarste besitting. Maar dit is nie die beeld wat jy kry wanneer jy kyk na die onbedagsaamheid van padgebruikers, of grotendeels ouers, as dit kom by parkering rondom Parys Primêre skool wanneer die skool smiddae uitkom.
St Janstraat is ’n groot gevaar vir veral voetgangers met ouers wat blatant verkeersreëls ignoreer om “gemaklik” naby die skool te kan parkeer.
Dié straat is ’n  eenrigting met ’n duidelik gemerkte geel streep aan die regterkant wat parkering aan hierdie kant volgens wet verbied.
Tog parkeer mense op die streep in die reeds baie nou straat wat wel gemerkte parkeerruimte aan die linkerkant het.
Met voertuie wat dan die pad toestaan beteken dit dat kinders wat hierdie pad moet kruis nie voldoende sig het om veilig oor die straat te kan beweeg nie. As gevolg van hierdie onbedagsaamheid is ’n kind vantevore al ernstig in ’n  motorongeluk in St Janstraat beseer
Hou ook in gedagte dat hier fietsryers is en naskoolleerlinge wat daagliks oor St Janstraat moet beweeg.
Die skool se versoeke tot die verkeersdepartement om verkeersboetes te skryf vir onbedagsame ouers wat die reëls oortree, het tot nou toe net op dowe ore geval.
Maar die vraag is – hoeveel gee ons om vir ons en ander se kinders as ons nie bereid is om ’n  entjie verder op ’n veilige en korrekte plek te parkeer nie? Dit is inderdaad baie besig in die omgewing van Schilbach, St Jan en Eerstelaan wanneer die skole uitkom, maar dit is nietemin moontlik om jou kind te vra om binne die terrein vir jou te wag terwyl jy dalk net een maal om die blok moet ry om ’n oop parkeerruimte te soek.
Loop liewer ’n entjie van waar jy geparkeer het om seker te maak jou kind word veilig by die skoolhek gehaal, as wat jy ter wille van jou eie gerief dit vir jou kinders en ander kinders onveilig maak om by die motor of huis uit te kom.
Kom ons wys ons kinders dat ons as gemeenskap omgee vir hul veiligheid.

Related Articles

Back to top button