NewsNews

HTS Potchefstroom kantoor deur brand verwoes

HTS Potchefstroom, se kantoor het vanoggend (11 Augustus) omstreeks 04:00 aan die brand geslaan.

HTS Potchefstroom, se kantoor het vanoggend (11 Augustus) omstreeks 04:00 aan die brand geslaan.

Dit blyk dat meeste van die kantoorblok verwoes is.  Mooirivier Beskerming het ‘n alarm ontvang by die skool waarna hulle reageer het, met aankoms het hulle gesien die skool brand. Tlokwe brandweer is ondersteun die NWU se brandweer om die brand te bestry.  Dit is nog onbekend wat die oorsaak van die brand is maar ʼn kortsluiting word vermoed.  Die brandweer kon ʼn paar historiese foto’s red asook die eksamen vraestelle wat vandag geskryf moes word, is gered.

Die personeel op die toneel was meestal emosioneel oor die verlies, een personeellid het die kantoor as haar “eie hawetjie wat nou weg is” beskryf.  Die brand kom nadat daar Woensdagoggend ʼn besigheidskompleks in Spruitstraat gebrand het.  ʼn Huis in Rocherstraat se dak het ook Woensdagaand omstreeks 20:00 gebrand.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button