NewsNews

Gesoek: 100 Eenhede vir SANBD

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 16 Augustus by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed intesamel. Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk omdat gereelde klinieke by skole en tersiêre instellings kan nie …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 16 Augustus by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed intesamel.

Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk omdat gereelde klinieke by skole en tersiêre instellings kan nie plaasvind nie, en dit het ʼn ernstige impak op pasiënte.

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag.  Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

  • Tussen die ouderdom van 16-65 wees
  • Meer as 50kg weeg
  • Iets voor jou skenking eet
  • ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
  • Gesond wees op die dag van skenking

Alle bloedgroepe is baie belangrik maar spesifiek Groep O negatief is baie nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe. Help  om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button