NewsNews

Finansies dryf wurgma tot moord

VANDERBIJLPARK. – Wurg-ma, Soniya Breedt Koekemoer (35), se geldelike situasie het glo daartoe gelei dat sy ‘n einde wou maak aan haar eie lewe en haar dogtertjie Michelle (9). Dit was haar pleitverduideliking in die streekhof op Donderdag 11 Augustus, toe haar prokureur Francois de Kok, haar verklaring voorgelees het. Volgens die verklaring het sy en Michelle op Donderdagaand, 9 Junie, teen omstreeks 21:20 gaan slaap. Sy het Michelle in die bed gesit, maar teen omstreeks 22:00 besluit dat daar geen ander uitweg was nie. Sy het ‘n nylon-tou gevat en terug gegaan na Michelle se kamer. Volgens Soniya het Michelle op haar magie gelê en slaap toe sy die tou om haar nek gesit en styfgetrek het. “Ek het aanhou trek tot ek gevoel het haar liggaampie word slap,” lui die verklaring. “Dit het baie vinnig gebeur,” het Soniya in haar verklaring gesê.

VANDERBIJLPARK. – Wurg-ma, Soniya Breedt Koekemoer (35), se geldelike situasie het glo daartoe gelei dat sy ‘n einde wou maak aan haar eie lewe en haar dogtertjie Michelle (9).

Dit was haar pleitverduideliking in die streekhof op Donderdag 11 Augustus, toe haar prokureur Francois de Kok, haar verklaring voorgelees het. Volgens die verklaring het sy en Michelle op Donderdagaand, 9 Junie, teen omstreeks 21:20 gaan slaap. Sy het Michelle in die bed gesit, maar teen omstreeks 22:00 besluit dat daar geen ander uitweg was nie. Sy het ‘n nylon-tou gevat en terug gegaan na Michelle se kamer. Volgens Soniya het Michelle op haar magie gelê en slaap toe sy die tou om haar nek gesit en styfgetrek het. “Ek het aanhou trek tot ek gevoel het haar liggaampie word slap,” lui die verklaring. “Dit het baie vinnig gebeur,” het Soniya in haar verklaring gesê.

Volgens Soniya het sy toe ‘n tou om haar eie nek gesit en op ‘n stoel gestaan en die tou aan die deurkosyn en deur die venster bo die kosyn vasgemaak. Sy het die stoel onder haar uitgeskop, maar die knoop het glo losgetrek van die kosyn en sy het op die vloer geval. Sy het daar bly lê en huil tot in die vroeë oggend-ure waarna sy toe opgestaan het en hulp gaan soek het. Die hof moet nou besluit of dit moord was met voorbedagte rade al dan nie.

Soniya verskyn op twee klagte in die hof. Moord en poging tot regsverydeling. Sy het op altwee klagte skuld erken. Die minimum straf kan vanaf 15 jaar tot lewenslank wees afhangende of daar versagtende omstandighede gaan wees. Die tweede aanklag  was omdat sy die polisie mislei het deur te sê daar was ‘n inbreker in die woonstel en dat die feit dat haar handsak buite gevind is.

Soniya het op Vrydag 22 Julie, ‘n maand en ‘n half na die moord ‘n SMS aan adjudant offisier Johan Booyens, die ondersoekbeampte in die moordsaak gestuur, waarin sy ‘n bekentenis wou maak en skuld erken het.
* Francois de Kok tree op as Soniya se regsverteenwoordiger en ‘n staatsaanklaer. Erik van der Merwe van die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) verskyn namens die staat. Landdros Robert Button hanteer die saak. Die saak is nou uitgestel na 20 en 21 September vir verhoor en die vonnisverslag. Soniya bly in aanhouding.

Related Articles

Back to top button