NewsNews

Alfa 2016 vee-fees ’n eerste vir Parys

ALFA oftewel die African Livestock Trade Fair word van 27 September tot 1 Oktober vanjaar vir die eerste keer by die Afridome in Parys aangebied. Hierdie eiesoortige ekspo is ’n eerste in Suid-Afrika en skep ’n toonvenster vir uitsonderlike vee. Dit skep ook die basis vir die uitruil van kennis en tegnologie-oordrag, en ’n handelsplatform wat koper en verskaffer, plaaslik en oor die Afrika-grense heen, bymekaar sal uitbring.

ALFA oftewel die African Livestock Trade Fair word van 27 September tot 1 Oktober vanjaar vir die eerste keer by die Afridome in Parys aangebied. Hierdie eiesoortige ekspo is ’n  eerste in Suid-Afrika en skep ’n  toonvenster vir uitsonderlike vee. Dit skep ook die basis vir die uitruil van kennis en tegnologie-oordrag, en ’n  handelsplatform wat koper en verskaffer, plaaslik en oor die Afrika-grense heen, bymekaar sal uitbring.
Dit is ‘n handelsekspo wat die verskillende fasette van die veebedryf en sy waardekettings uit ‘n verhandelings- en tegnologie-perspektief wil aanbied tydens ‘n week by die mees sentrale en toeganklike fasiliteit vir die veebedryf. Iets wat waarde kan toevoeg tot die streekskoue en veegeleenthede wat reeds bestaan.
Die program word tans gefinaliseer, maar ’n rits strategiese vennootskappe is reeds aangegaan om aan besoekers uitstekende waarde vir hulle geld te gee. Die volledige gefinaliseerde program sal binnekort op die webwerf www.alfaexpo.com, beskikbaar wees.
Van die hoogtepunte wat besoekers te wagte kan wees sluit in:
* Melkprodusente-organisasie (MPO) Suiwel-ekspo – van stalletjies en ’n kaaskursus tot kuddebestuurdersopleiding, plaaswerker-opleiding en ‘n skolemelkprogram.
* Monsanto Kuilvoerkonferensie wat saamval met ’n  kuilvoer- en veevoer-ekspo.
* Landelike veiligheidsekspo in samewerking met Agri Securitas.
* Vee- en telersekspo en uitstallings.
* Telingskursusse aangebied deur SA Stamboek.
* Nasionale interraskampioenskap vir vleisbeeste, skape en melkbeeste.
* Die Nasionale Boerboelkampioenskappe.
* Slag-os & karkasbeoordelaarskompetisie.
* Die Farmbiz Trends-konferensie.
* Landbou-ekonomie finansiële werkswinkel aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat.
* Pastorale sorg vir landbouers-werkswinkel aangebied deur die NG Kerk Vrystaat.
* Jong-telerskonferensie en Landbouskole-ekspo.
* Verskeie ander kursusse waaronder ‘n afslaerskursus en ‘n vleisverwerkingskursus.
* Vee- en wildveilings.
* Galadinee en toekenningsgeleentheid.
* Unieke Wagyu- en wyn-paringsete.
* Plaaskos-uitstalling.
* Musiek en verversings.
* Bekostigbare verblyf op die terrein in die vorm van stalle met ablusiegeriewe asook kampeerplek en karavaanstaanplekke.
Toegang vir kinders o.13 jaar is R30 per dag en toegang vir kinders van 13 en ouer asook volwassenes is R50 per dag. Weekkaartjies kan ook gekoop word teen R150 per kaartjie (een prys vir kinders en volwassenes).
Kaartjies is beskikbaar by iTickets op https://itickets.co.za/. Kaartjies sal ook by die hek te koop wees.
Vir navrae skakel Nerina van Zyl by 079 323 9975 of epos nerina@alfaexpo.com of Freek Pieterse by 079 560 7088 of epos freek@alfaexpo.com.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button