NewsNews

ADAM stel nuwe album en musiekvideo bekend

Na drie suksesvolle albums en ‘n kortspeler saam met Daniel Baron, is die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Hoogtevrees, pas uitgereik! Die titelsnit van die album is reeds ‘n paar weke gelede uitgereik en pryk op talle radiostasies landswyd se trefferparades. Die musiekvideo vir die liedjie is ook vandag bekendgestel.

Na drie suksesvolle albums en ‘n kortspeler saam met Daniel Baron, is die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Hoogtevrees, pas uitgereik! Die titelsnit van die album is reeds ‘n paar weke gelede uitgereik en pryk op talle radiostasies landswyd se trefferparades.  Die musiekvideo vir die liedjie is ook vandag bekendgestel.

Die meeste mense sal kan identifiseer met die liedjie Hoogtevrees, vertel Hugo Ludik wat dit saam met sy sangmaat Reynardt Hugo geskryf het. “Dit gaan oor ‘n romantiese verhouding wat by ‘n kruispad kom en jy dan wonder: wat nou?”  Dikwels sal ‘n mens dan die verhouding in twyfel trek en wonder of dit gaan werk of nie. Hugo verduidelik dit is dan dat jy soms maar net jou oë moet toeknyp en ‘n geloofsprong maak. “Jy moet van die verlede vergeet en op ‘n skoon bladsy begin,” is sy advies.

Hy beskryf Hoogtevrees as ‘n “polsende popliedjie met ‘n vinnige tempo waarop jy lekker sal kan dans”.

Oor die uitreiking van die volledige album is die manne net so opgewonde. Hugo vertel dat hulle twee jaar lank aan hom gewerk het, en daarom is dit beslis die album met die sterkste liedjies op. “Dit is in ‘n tipiese ADAM-styl waaraan ons ondersteuners gewoond is. Ons het daardie fondament behou maar tog ook ‘n paar nuwe klanke ingebring,” verklap hy.

Die album bestaan uit 13 snitte en sluit ook ‘n snit, Hel of Hoogwater saam met Die Heuwels Fantasties in.

 

ADAM is sekerlik een van die mees produktiefste groepe vandag in Suid-Afrika. Na hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het hulle Vir jou gemaak (2012) en daarna Goud (2014) uitgereik. Al drie hierdie albums het goue status bereik.

In 2014 sing hulle die liedjie Sal oorlog vir jou maak in die plaaslike lokettreffer-fliek, Pad na jou hart, wat ‘n oornag-sukses vir hulle word. Dit boer nie net op die treffersparades nie, maar ontvang ook ‘n Huisgenoot Liedjie van die Jaar-nominasie asook ‘n Ghoema-toekenning vir Liedjie van die jaar.

Ander Ghoema musiektoekennings op ADAM se kerfstok sluit in Beste Nuweling (2011) en Groep van die Jaar (2015).

Verder tree hulle vir drie jaar agtereenvolgens (2012 – 2014) by die Huisgenoot Skouspel in die Sun City Superbowl op.  ADAM skuur ook skouers met internasionale kunstenaars. Hulle open vir die Ierse groep, Westlife, in Namibië (2011) en vir die Australiese rockgroep, Air Supply, tydens hul Suid-Afrikaanse toer (2014).

 

 

Kyk die video hier:  https://www.youtube.com/watch?v=nl3TZP7HpPg

Volg ADAM op sosiale media:

ADAM

www.adamband.co.za

https://www.facebook.com/adamgroep

Twitter:  @adamgroep

Die album is ook op iTunes beskikbaar:  ADAM.lnk.to/Hoogtevrees

Related Articles

Back to top button