NewsNews

AfriForum spreek kommer uit oor OB-kandidate

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd oor drie van die Openbare Beskermer kandidate op die kortlys. In ’n brief aan dr. Makhosi Khoza, voorsitter van die ad hoc-komitee vir die aanstelling van die openbare beskermer, vra AfriForum dat die organisasie toegelaat word om ’n voorlegging aan die komitee in te dien. Die drie kandidate wat ter sprake is, is: Regter Sirajudien Desai, adv. Nonkosi Princess Cetywayo en adv. Willie Hofmeyr.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die kommer draai om regt. Desai se aktiwiteite as regsadviseur vir uMkhonto we Sizwe gedurende die Motsuenyane-kommissie; adv. Cetywayo se politieke betrekkinge binne en buite die ANC; en adv. Hofmeyr se beweerde betrokkenheid by die omstrede terugtrekking van korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma in 2009.

Alhoewel bekommernisse oor die eersgenoemde twee kandidate reeds deur AfriForum uitgespreek is alvorens die kandidate op die kortlys geplaas is, sê Roets dat die blote betrokkenheid by pres. Zuma se korrupsie-aanklagte genoegsame rede is om bykomende kommer te wek by die komitee aangaande adv. Hofmeyr.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button