NewsNews

Vroue gee die pas aan

Ter herdenking van Vrouemaand deel Prof Linda du Plessis - Kampusrektor (waarnemend) van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit (NWU Vaal), die volgende boodskap met vroue regoor die land:

Ter herdenking van Vrouemaand deel Prof Linda du Plessis – Kampusrektor (waarnemend) van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit (NWU Vaal), die volgende boodskap met vroue regoor die land:

In Vrouemaand, word ʼn mens herinner aan die vroue in die geskiedenis wat die weg gebaan het vir ander vroue in hulle onderskeie gemeenskappe en vir die mensdom as geheel: Helen Joseph, Nadine Gordimer en Albertina Sisulu.  Hierdie vroue het ons, die vroue van vandag, daartoe instaatgestel om ʼn impak te kan maak waar ons onsself bevind. In die geval van die Vaaldriehoekkampus maak vroue ‘n impak as kampusambassadeurs – soos ons beeldskone Mej. NWU Vaal, as direkteure van afdelings waar sy mense moet bestuur, in die raadsaal waar raadsaalonderhandelinge met ʼn eenvoudige koppie tee en toebroodjie gedra word, as “ma-weg-van-die-huis” as huismoeder van ‘n koshuis of die “suster-wat-ek-nooit-gehad-het-nie” as lid van ʼn huiskomitee.

Ons leef in ʼn land waar armoede, siekte en misdaad steeds op ʼn daaglikse basis soveel lewens aanraak.  Ons leef in ʼn era waar die vrou soveel rolle het om te vervul: Eggenoot, ma, ouma, broodwinner, gemeenskapsleier, beskermer en aktivis.  Met kwaliteit opleiding, sal sy hierdie rolle net soveel makliker optimaal kan vervul.

Die Let Girls Learn-beweging meen daar is 62 miljoen meisies wêreldwyd wat nie in die skool is nie, weens ʼn verskeidenheid redes, terwyl die wat wel hulle skoolloopbane voorsit, deur ʼn verskeidenheid faktore fokus verloor.  In party lande, voltooi minder as 10% van tienermeisies hulle sekondêre skoolopleiding.  Terwyl die situasie in Suid-Afrika sekerlik beter lyk, is daar steeds groot uitdagings wat ons kinders, veral ons meisies, in die gesig staar.  Volgens UNICEF, is 96% van Suid-Afrikaanse kinders tussen die ouderdomme van 7 en 13 in ons primêre skole ingeskryf.  Slegs 70% van kinders tussen 14 en 17 is ingeskryf vir sekondêre onderrig.  ʼn Totaal van 10,2% van jong Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar is HIV-positief is.  Meisies en vroue het ʼn vier maal groter kans as seuns en mans om met HIV geïnfekteer te word.

Greg Mortenson het gesê: “If you teach a boy, you educate an individual; but if you teach a girl, you educate a community.”

My wens is dat elke vrou in ons kampusgemeenskap en ons land  ʼn geseënde Vrouedag het en waarlik besef watter belangrike rol sy as vrou vervul.  My droom is vir elke meisie in ons gemeenskap en in ons land om toegang tot kwaliteit onderrig te hê en dat daardie meisie die meeste maak van elke geleentheid wat sy kry.  My oortuiging is dat dit die enigste manier is vir ons om waarlik die wêreld te verander.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button