NewsNews

Pokemon-koors het soos ‘n storm getref!

Dit is ‘n nuwe soort monster wat in die strate rondloop. Mens kan dit nie met die oog sien nie, maar sien gereeld hoe mense met slimfone rondloop en op vreemde plekke gaan stilstaan om die denkbeeldige monsters te vang. Die mense staan bekend as ‘trainers’ en hulle loop dag en nag rond om Pokemon te vang.

Dit is ‘n nuwe soort monster wat in die strate rondloop. Mens kan dit nie met die oog sien nie, maar sien gereeld hoe mense met slimfone rondloop en op vreemde plekke gaan stilstaan om die denkbeeldige monsters te vang. Die mense staan bekend as ‘trainers’ en hulle loop dag en nag rond om Pokemon te vang.

Pokemon Go et sowat ‘n maand gelede sy verskyning in die wêreld gemaak enbinne dae het al wat jongmens is begin om Pokemon te  vang. Slegs mense met die Pokemon Go-toep op ule selfone kan die monsters sien. Die toep werk ook ook met jou foon se navigasiestelsel en wys jou op ‘n kaart wanneer jy naby  aan ‘n Pokemon is.

Die speletjie vind veral byval by mense tussen die ouderdom van 20 en 30 jaar wat grootgeword het met Pokemon op hul televisieskerms. Die Pokemon franchise is in 1995 deur Japanese samewerking tussen Nintendo, Game Freaken Creatures begin.

Op Facebook  et Mnr. Theo Venter van die NWU se besigeidskool onlangs vertel hoe studente laatnag buite sy huis tekere gegaan het toe hulle byna ‘n Pokemon gevang het. Hy spot en sê hy vermoed dat die gediertes 10 meter van sy huis af uitbroei. Dit blyk dat pokemon meer algemeen op die kampusgronde, by Potch dam en in die parkeerarea van Mooirivier Mall is.

Hoewel Pokemon Go ‘n manier vir werklose jongmense of studente is om ulself besig te hou is daar ook ‘n paar “gevare”. ‘n Pokemon-speler het op ‘n groep vir ander spelers vertel hoe sy al deur die polisie gewaarsku is om nie laatnag met haar motor langs die pad te stop nie. Nog ‘n speler het vertel dat hy op 29 Julie op die Bult beroof is terwyl hy besig was om Pokemon te soek. In Kanada was daar ‘n geval waar ‘n vrou met ‘n windbuks op mense geskiet het wat in haar erf na Pokemon gesoek het! So, wees maar versigtig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button