NewsNewsPhoto GalleriesSport

Veerpyltjienuus: Vrouedag aanbieding by Palm Court

Dit is verbasend hoeveel mense in die omgangstaal na die veerpyltjieskyf (Afrikaans vir Dart Board) se vervaardigingsmateriaal as perdesterthare, varkhare en kameelhare verwys. Dit is ’n wanpersepsie.

Dit is verbasend hoeveel mense in die omgangstaal na die veerpyltjieskyf (Afrikaans vir Dart Board) se vervaardigingsmateriaal as perdesterthare, varkhare en kameelhare verwys. Dit is ’n wanpersepsie.
Die skywe is nog nooit van dié materiaal vervaardig nie en word van doodgewone garingboom vesels vervaardig wat ook terloops vir die vervaardiging van toue en streepsakke gebruik word.
Ons is tans in die vierde generasie van veerpyltjie skywe waar daar van klei, boom jaarringe en biervate, tot wilgeboom insetsels, kurk en Sisal (garingbome) beweeg is.
Die Dome Pare kampioenskappe wat op 29 Julie by Palm Cout Hotel aangebied is, het vir ’n  verrassende uitslag gesorg in die dames-afdeling waar die hoog aangeskrewe paar, Mariaan Pretorius en Bella Louw, op verrassende wyse deur Letisha de Bruyn en Susan Schoeman met 3-2 in die finaal verslaan is.
Die volledige uitslae was:
Dames
1ste – Susan Schoeman en Letisha de Bruyn.
2de – Mariaan Pretorius en Bella Louw
3de – Suzette Malan en Andrika Groenewald
Mans
1ste – Rynhard Malan en Danie van der Merwe
2de – Boesman Groenewald en Luis de Ponte
3de – Ockert Grobler en Hippo Louw
Tellings bo 120 vir mans en 100+ vir die top drie dames in elke afdeling was:
Dames – Letishia de Bruyn 5 x 100, 1 x 101, 1 x 12 en 1 x 134 (8x; Mariaan Pretorius – 3 x 100, 1 x 109, 1 x 113 (5x); Bella Louw (2 x 100, 1 x 120, 1 x 125, 1 x 131, 1 x 132 en 1 x 140 (7x)
Mans bo 120 – Rynhard Malan 2 x 121, 1 x 125, 6 x 140 en 3 x 180 (12x); Danie van der Merwe (3 x 135 en 2 x 140 (5x) en Hippo Louw – 1 x 120, 1 x 121, 2 x 125 en 1 x 132 (5x).
Dames en mans spelers word herinner aan die Vrouedag aanbieding by Palm Court op Dinsdag, 9 Augustus. Dit begin om 10:00 en kos R50 vir die Ope, Pare en Enkels. Prysgeld van R10 000 is op die spel.
Rynhard Malan met sy 3 x 180 skuif sy seisoentotaal nou op na 23 en wen ook met die meeste 180’s vir die aand (3x) die Castle goue polshorlosie en die Goue Castle Milk Stout Botteloopmaker vir die meeste tellings bo 120.
Hippo Louw het die hoogste toemaak vir die aand behaal met ’n  briljante 158 (3 x 20 – 3 x 20 – 2 x19).
Die hoogste toemaak vir die dames is behaal deur Mariaan Pretorius op 94 (3 x 18 – 2 x 20). Letitia de Bruyn wen die Castle Milk Stout botteloopmaker vir haar meeste tellings bo 100 (8x).
Nuweling Suzette Malan vaar uitstekend en maak op ’n  briljante 70 toe 1 x 20 – 1 x kol.
Saterdag gaan die Dome mans en dames spanne na Orkney vir die Callie Lönn toernooi.
Vir veerpyltjie navrae skakel Kassie by (056) 9310 0203.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button