NewsNews

Wees eerste in lyn vir Aardklop kaartjies

Met die amptelike bekendstelling van Aardklop het Alex Strachan, Aardklop-feesbestuurder, bevestig dat die fees weer op die ou terrein, Cachetpark, op die Bult gaan plaasvind.

Met die amptelike bekendstelling van Aardklop het Alex Strachan, Aardklop-feesbestuurder, bevestig dat die fees weer op die ou terrein, Cachetpark, op die Bult gaan plaasvind.

Tydens die geleentheid Dinsdag het sy ook Aardklop, wat op 4 tot 9 Oktober plaasvind, se nuwe logo bekendgestel.  Ons wil terugkeer na waar die fees begin het en skuif die feesterrein daarom weer terug na die Bult.  “Feesgangers gaan slegs R20 per dag betaal om op die feesterrein te kom. Daar is egter weekkaartjies beskikbaar teen R60 en kinders onder 12 jaar kry gratis toegang.  Volgens Alexa wou hulle dit so bekostigbaar as moontlik maak.

Met die woorde in gedagte het die Aardklop groep besluit om Potchefstromers vroeër toegang te gee tot die kaartjie verkope.

Kaartjies sal Maandag 1 Augustus teen 15:00 te koop wees vir alle Potchefstromers by computicket.  Jy sal wel ‘n wagwoord nodig hê om jou kaartjie vir die fees van alle feeste te kan bekom.

Die wagwoord om te gebruik: Potch2016

Indien jy probleme ondervind kan die Aardklop kantore geskakel word by 018 175 0175.

Die kaartjies vir die res van die land sal eers Woensdag oopmaak

.

Related Articles

Back to top button