NewsNews

Saamwees-voorreg vir 63 jaar

Soos vinkel en koljander, só pas Nick en Corrie Basson bymekaar. En net soos die mopboom se tak wat Nick vir ure sit en skaaf het om die mooiste houtvlamme na vore te bring vir ’n kierie-meesterstuk, só het hierdie egpaar mekaar oor die jare geskaaf tot die mooiste saamwees.

Maandag 25 Julie was dit hul 63ste huweliksherdenking en die geheim van soveel jare se saamwees is net genade, sê die twee wat nie een dag anders sou wou hê van die afgelope 63 jaar nie.
Hulle het net meer as ’n  jaar gelede van Upington na Parys verhuis. Upington is ook waar hulle in 1953 getroud is. Hulle het destyds ontmoet toe hulle bure geword het – Corrie toe nog maar 12 jaar oud.
Nick was verbonde aan Departement Waterwese en sedert hy afgetree het, is hy vlytig besig met sy houtwerk. Van die mooiste kieries tot vrugtebakke en meubelstukke is al deur sy hande gemaak.
Corrie lees graag, noudat die hande nie meer kan hekel nie.
Die egpaar het 6 kinders, 13 kleinkinders en 12 agterkleinkinders.  Hulle is inwoners van Najaarsrus.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button