NewsNews

Nasionale Voortrekker-toekenning vir 2 van Parys

Tiaan Broodryk en Franco Sadie, twee graad 12 leerlinge van Hoërskool Parys en lid van die Parys Voortrekkerkommando, het hul Nasionale Presidentverkenner-toekennings verwerf. Lede van die Voortrekkers in graad 12 kan slegs dié prestige toekenning verwerf nadat hulle aan sekere vereistes voldoen het om aan die Presidentsverkenner proses te kan deelneem. Dit sluit in die bywoning van ’n sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ’n sekere aantal

Tiaan Broodryk en Franco Sadie, twee graad 12 leerlinge van Hoërskool Parys en lid van die Parys Voortrekkerkommando, het hul Nasionale Presidentverkenner-toekennings verwerf.
Lede van die Voortrekkers in graad 12 kan slegs dié prestige toekenning verwerf nadat hulle aan sekere vereistes voldoen het om aan die Presidentsverkenner proses te kan deelneem. Dit sluit in die bywoning van ’n  sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ’n  sekere aantal
spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ’n  vereiste
aantal jare diens in die Voortrekkers. Tweedens, die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner
teoretiese eksamen wat in April geskryf is, en derdens die suksesvolle voltooiing van die Nasionale
Presidentsverkenner afrondingskamp wat nou in Julie gehou is.

Related Articles

Back to top button